Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, November 7, 2012

Halloween Disco

Ruan se skool het 'n Halloween disco aangebied en die kleinder kinders (Kinder en Year 1) kon eerste kans kry vir skoffel op die dansvloer en almal die skrik op die lyf jaag met hul monderings.

Groot was die opgewondenheid om dan nou in hul monderings te gaan disco dat ons sommer al vroeg vroeg hier by die huis die monster geluide geoefen het - tipies Ruan-styl!





Daar was darem oulike hekse, monsters en spoke. Daar wen Ruan se maatjie Cameron toe ook die "Best dress award" - Cameron het as 'n spook gegaan - en moet sê sy spook geluide was van die beste wat ek al gehoor het!

Maar jinne, sulke klomp kinders bymekaar kan 'n geraas maak! My ore het omtrent getuit. En dit was tog te oulik hoe die klomp dan saam sing saam met die liedjies.

 




Bianca saam met van Ruan se klasmaats.


 
 
Ongelukkig kan ek nie die video clips met julle deel nie...vir een of ander rede wil die oplaai van die video clips nie saam werk nie...


Micah kuier by ons

Die kinders was vreeslik opgewonde want Micah kom vir 'n paar dae by ons kuier terwyl Hein & Jolene bietjie die pad Brisbane toe vat.

Die kinders speel baie lekker saam maar om hulle so bietjie besig te hou het ek hulle lekker "entertain" - van shirt dyeing, strawberry farm toe, koekies maak en gooi 'n goeie dosis speel daarby en wat kry jy...uitgeputte kinders wat heerlik gaan slaap in die aand!



 
 
BEST FRIENDS!!!




Art & Craft time....

Die kinders het die hemp dye aktiwiteit baie geniet, en kon nie wag dat die hempde moes droog raak nadat ek dit gewas het nie!






Bietjie tyd vir asem skep en roomys eet....



Strawberries!!!!  Die kinders was baie opgewonde om na die Strawberry Farm toe te gaan waar hulle self die strawberries kon pluk.








 







Marie beskuitjies versier...was maar 'n morsige besigheid...maar lekker!!






Tuesday, October 30, 2012

As 'n kind moeg is...

Een middag speel die kinders heerlik buite en ons maak gebruik van hierdie breuk om bietjie tv te kyk.  Naderhand kom Ruan in en sê hy is nou moeg gespeel.  Nee, antwoord hy my vraag waar Bianca dan is...sy speel nog buite.  Na nog so paar minute reken ek die madampie is darem nou stil en dalk is dit ook nou tyd vir haar om bietjie in te kom.  So kry ek haar buite....

Vas aan die slaap op die stoeptrap!




Ruan Karate Grading

Baie geluk Ruan met jou splinternuwe geel belt.  Jy het baie hard gewerk en getrou jou karate bygewoon - en dit het beloon!


Ruan geniet sy karate nog baie en kan vandag spog met sy geel belt - hy tel die dae af tot wanneer hy 'n nuwe belt gaan kry!  Volgende is oranje met wit streep.


Kinders sit geduldig en wag vir seremonie om te begin

Hier demonstreer hulle van hulle oefeninge - boude in die lug is Ruan!


Seremonie begin waar hulle  hul huidige belt afhaal, opvou en dan agter die belf gaan sit op die grond.



Dan stap jy bo-oor jou huidige belt om dan die belt agter jou te laat - alles baie simbolies.



Hier kry Ruan sy nuwe belt.








Al hierdie opgewondenheid maak 'n man honger - na die seremonie sit Ruan gou 'n broodjie en eet.


Bianca het ook 'n broodjie gesit en eet - maar wat vir my so oulik is van die foto is die kameelperd prentjie op haar hemp wat lyk asof hy 'n hap uit haar broodjie vat!

Bianca geniet die son, sand, en see

Sommer so met die intrap slag wil ek jammer sê dat ek so lanklaas die blog bietjie ge-update het!  Sjoe, ek probeer aan 'n verskoning dink, maar hoe meer ek dink, hoe meer onaanvaarbaar klink die verskonings - so ek gaan sommer net sê jammer mensies maar hierdie mens was 'n bietjie platgetrek deur die virus genaamd - LUI!

So rukkie terug het ek en Bianca die huis ontglip en weggeslip strand toe.  Daar het ek en sy heerlik gesmul aan wafel en roomys en toe 'n bietjie in die sand gespeel.  Ons het ook bietjie strand af geloop op soek na skulpe waar Bianca heerlik met die klippe en sand gespeel het.