Trick or Treat!
Saterdag (29 Oktober 2011) het ons vir die kinders 'n halloween partytjie gehou - hulle eerste regte Halloween (Halloween is mos 31 Oktober).
Hulle was nou regtig baie opgewonde oor die hele gedoente met al die versierings en kostumes wat ons vir hulle gekry het. En ook dat Amelie en Myra gaan kom saam partytjie hou.
Die kinders was heel in hul skik met hulle kostumes - Bianca as 'n "Liewe Heksie" en Ruan as 'n Monster/Dracula.
Ek het ook 'n poging aangewend om soos 'n heks te lyk maar ai, laat ons maar sê die ou heks het geen benul van klere nie of sal ons maar soos die "celebrities" dit op " closet malfunction" blameer????
Ruan was soos 'n regte "Grim Reaper - (Angel of death)" - al was hy maar net soos 'n monster met 'n Dracula Cape aangetrek....hy het gestaan en wag by die deur vir die maatjies met 'n tipiese houding van...."Enter if you dare" houding!
The Scary Bunch! |
Ggrrrr..... |
Die kinders het die treats gedeelte van die Trick or Treat omtrent geniet - so, dat hulle skoon nie plek gehad het vir aandete nie! Hulle het darem vir ons 'n paar tricks gedoen om die treats te verdien!
Ons het ook lekker gebraai - seker maar ons laaste braai saam met die Davidsons vir 'n rukkie aangesien hulle middel November verhuis Coff's Harbour toe en ons einde November Port Macquarie toe.
Na die lekker eet vir nagereg sommer tipiese Suid Afrikaanse styl, marshmallows getoast oor die vuur!
Die kinders het lekker met hulle pampoen flitsligte gespeel in die donker.