Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, October 22, 2011

The Rock 2011 Show

Saterdag 15 Oktober 2011 is ons deur na ons buurdorp - The Rock - sowat 30km van Wagga af - vir die jaarlikse The Rock Show. 

Dit was 'n heerlike sonskyn dag uit en ons almal het dit geniet.  Daar was nou iets van alles gewees... diere skou tot en met demonstrasie deur die SES (State Emergency Services). 



Ons het so bietjie deurgeloop en na die hoender en ganse skou gekyk, waarvandaan ons toe 'n opvoering - of is dit nou eerder uitvoering - van 'n skaaphond se werk gekyk het, hoe die hond die skape aanjaag en in 'n kamp in jaag.









Toe het ons bietjie gesit en kyk hoe die perde paradeer.



Ons het selfs vir die Outback Crocidile Dundee (of altans die ou het my nogals aan ou Croc Dundee laat dink met sy "outfit") - gekyk waar hy ons bietjie ingelig het oor slange.



  

Middagete!

Die demonstrasie van die "Jaws of life" deur die SES was baie interessant maar Bianca het gou die Hanswors 'n paar stalletjies verder opgelet, en toe is daar nie keer nie.  Ek het toe maar saam met die kinders die mannewales van die nar gaan kyk terwyl Etienne nog bietjie geloer het na die SES demonstrasie.





Die hondeskou het ook aftrek gekry - veral die puppies het Ruan en Bianca se aandag getrek.


No comments:

Post a Comment