Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, October 25, 2011

Croc Encounter by Ruan se skool

Vandag by Ruan se skool het Croc Encounters vir hulle kom kuier.  Ek het vir Bianca ook geneem om saam te kyk - die kinders was vreeslik opgewonde!

Almal het heerlik buite gespeel en is toe bymekaar geroep om in te gaan binne toe vir die "vertoning".  Baie oulik het Ruan Bianca se hand gevat om saam te gaan.  Maar wat vir my netso oulik was, was Ruan en sy maaitjie, Finn wat ook hande vashou om nou so saam-saam die reptiele te gaan aanvat!




Hulle het vir die kinders 'n Blue Tongue Lizard, 'n Python slang, 'n "long neck turtle" , 'n Bearded Dragon en 'n baba crocodile gewys.  


Die kinders was baie opgewonde en moes 'n paar keer stilgemaak geword het sodat ons die man kon hoor praat.  Elkeen het ook 'n beurt gekry om aan die dier te vat en te voel hoe hy/sy voel!  Bianca het ook nogals aan die reptiele gevat, glo dit of nie!!



Wat nogals snaaks was, die Blue Tongue Lizard se naam is nogals Bernadette!  Elke keer kyk ek vir die ou as hy praat van Bernadette, dan wil ek amper dink hy praat met my!







Vreeslik opgewonde!!






Die baba krokodil was maar klein en nou eers 10 maande oud maar op die stadium (hy was laaste aan die beurt - net voor ons die fotos met die slang geneem het) - het die kinders al bietjie belangstelling begin verloor en wou net gaan speel!  Bianca het intussen al klaar verdwyn speelhoekie toe!!



Een van die meisies, Charlie, in Ruan se klassie het baie braaf opgestaan om die slang om haar nek te sit! 


Daar het ook 'n volwasse krokodil se tand die rondte gedoen...Ruan het die tand maar baie skepties aangekyk!


Na die vertoning, kon elkeen nou 'n beurt kry om die slang om jou nek te sit maar die ou Oliviertjies wou niks weet nie!  Nie eers net vir 'n foto sodat ons darem vir Daddy kon wys nie.  Ruan het naderhand ingestem maar op voorwaarde dat ek saam hom moet staan!  Ai my kind, ken jy dan nog nie jou ma nie???  Ek mos nou nie juis 'n groot liefde vir kriewelende, slymerige goed nie!!  Maar ek het myself braaf gehou....ek meen as 'n vierjarige dogtertjie dit kan doen, kan ek ook mos!  Maar ja, ek moes maar my "pose" hou jong.  Moet sê die slang toe glad nie glibberig soos ek gedink het nie.  Maar ek het op 'n stadium erg gegril want toe sit die meneer mos sy kop op my kop...o jinne!!!!! (Die fotos hier is maar nie goed nie aangesien iemand anders dit geneem het...)



Na die vertoning het ons nog so bietjie gebly en speel...Bianca ewe tuis tussen die groter kinders.  Vandaar is ons huis toe waar altwee karnallies op die bank aan die slaap geraak het!


No comments:

Post a Comment