Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, October 7, 2011

Another family day out - 2 October 2011

Sondag 2 Oktober 2011 het ons vroeg vroeg in die pad geval...

Piekniekmandjie....check

Kampstoele, piekniekkombers...check

Gazebo...check

Visvang goed...check

Kamera, sonroom, hoede...check

4 Oliviere...CHECK

Ons het 'n lekker dag se visvang, piekniek en kuier voor ons.  Ons is oppad na Blowering Dam (http://en.wikipedia.org/wiki/Blowering_Dam) - so om en by 'n uur en half se ry van Wagga af.  Dit is in die Snowy Mountains gelee en regtig 'n pragtige omgewing.

Daar aangekom het die weer belowe om 'n lekker dag vir ons langs die dam te gee.  Gou gou "kamp" opgesit met ons nuwe Gazebo wat ons gekoop het en ook ons "porta potty" - spesiaal vir onse vroutjies wat nou nie sommer enige plek ons besigheid kan doen nie! 


Gou ontbyt geeët en toe is daar reg gemaak vir visvang....









Die kinders het - soos altyd - die water en buite speel vreeslik geniet.  Ons het ons nou nie juis laat afsit met die klomp "upstairs" visse wat nie van ons kerrie muti hou nie - ja - die visse was maar baie skaars.  Die kinders het gou hul belangstelling in die visvang verloor en afgedwaal na groener weivelde - klippe in die water gooi, in die grond speel, met hul speelgoed in die water speel...ons het self ons vermaak met skaduwee figure maak!  En dit terwyl Etienne uit is op die floating tube.

Peek-a-boo


  
Dis mos hoe 'n mens jellie eet...




Ah...showing the love!!



"And being silly is what we do best.....having fun..."

  
Monster skadu figuur...kompleet met bygeluide ook!!!





Verf tyd!


Ruan kry ook 'n beurt op die float tube.  Bianca het nie kans gesien vir die gedoente nie.



Na die visvang het ons lekker middagete geeët waarna ons bietjie frisby gespeel het en toe kamp opgeslaan het vir die pad terug na Wagga toe - ook net betyds want toe begin dit te reën. 


Maar weereens 'n heerlike Olivier dag uit...die kinders was heerlik moeg gespeel en van die vroeg opstaan en lekker speel was dit net...1-2-3 toe is hulle aan die slaap in die kar!

No comments:

Post a Comment