Wagga het skou gehad die 29ste en 30ste September. Ons het die kinders bietjie geneem om die liggies te sien en ook om die atmosfeer van skou te ervaar!
Daar was "hot-rods" wat 'n vreeslike lawaai gemaak het en baie grond opgespat het met hulle wilde draaie wat hulle gooi. Die kinders het bietjie gekla, "Dis too loud!"....
En natuurlik moes ons op 'n "ride" of twee ry!
Die bumper karretjies was nou 'n groot wenner! Ons al vier het dit vreeslik geniet - veral Ruan wat gekraai het van die lag elke keer as die manne die vrouens stamp - en natuurlik het ons Evas nie laat wag op ons nie, en die manne sommer gewys ons skrik nie vir 'n paar stampies nie!
Om die aand af te sluit het Ruan besluit op die bootjies en Bianca het dadelik na die "tea cups" toe gehardloop!
Thursday, October 6, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment