Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, May 21, 2012

Beach Fishing

Een naweek in April het ons bietjie gaan visvang op die strand.  Die kinders was vreeslik opgewonde - ons het 'n "ferry boat" geneem tot by North Beach - daar het Etienne die bakkie se bande bietjie afgeblaas en het ons op die strand gery met die bakkie.  Jong was dit omtrent 'n "treat" vir die kinders en het hulle omtrent omgekrul van lekker as Etienne so deur die branders ry en die water so opspat teen die bakkie!












Kinders geniet middagete op die strand

Een van die vele sting-rays wat Etienne gevang het.



Ek het dan ook vir die eerste keer in my lewe wit mossels op die strand "gevang" - nadat Etienne vir ons gewys het hoe jy jou voete wriemel tot onder die sand tot jy die mossels voel, het ek en Ruan omtrent gegrou vir wit mossels.  Die knaap het soos 'n aasvoël om my vang plek gehang, net tot my voete tot by my enkels toe is, dan kom sy hande op soek na die grootste mossel - tot hy een van my tone beet kry!








Dit was nou 'n heerlike ervaring, die kinders sowel as ek en Etienne het dit geniet!

No comments:

Post a Comment