Ongelukkig het ek Google maps verkeerd gelees en ons het omtrent 'n uur lank gery langs elke woud paaidjie af op soek na toegang tot Lake Cathie (uitgespreek Lake Cat-eye). Daar is toe blykbaar nie en ons moes maar tevrede wees om uit te span langs die rivier so 'n kilometer van die rivier mond af. Dis nog sout/brak water en my brood moetie was toe nou maar verniet aangemaak. Gelukkig het ek darem wurms ook byderhand gehad.
Altwee kinder het sukses gehad en Ruan het darem tot sy suster se redding gekom met die laaste uittrek van die vis.
Sussie se vis... |
Boeta s'n |
Ons het ook 'n 'fish trap' aangeflans - 'n leë 2 liter plastiek bottel met 'n gaatjie bo ingesny en 'n bietjie brood binne in. Dan swem die klein vissies in en kan nie weer uit swem nie - tot groot vermaak van die kinders.
Ons het sommer daar op die oewer vir ons 'n vuur gemaak en 'n stuk wors gebraai vir worsbroodjies, want soveel visvang en swem maak mens mos lekker honger. Lekker man!
No comments:
Post a Comment