Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, January 9, 2011

Wagga Zoo & Botanical Gardens

Sondag 2 Januarie het ons vir die oggend gaan ontspan by Wagga Zoo en die Botaniese Tuin.  Dit was 'n heerlike uitkom vir ons en die kinders.  Nou ja, die dieretuin in Wagga is nou wel nie groot nie maar was nogstees baie genotvol!

 Eendjies, eendjies stap in 'n ry... Bianca kan die liedjie al mooi sing, maar sy was maar nog skrikkerig vir die eende!


Dit was baie interessant om te sien hoe die kleintjie in die Ma se "sak" inkruip.  Hier kan 'n mens sien hoe hang die sak met die kleintjie nog binne-in.





 Ruan het dit geniet om die donkies kos te gee.





 Hier het Ruan ewe braaf nader aan die pou gestap om aan hom te vat.  Weet toe nie wie het die grootste vir wie geskrik nie!!!




Thursday, January 6, 2011

Huis, Paleis, Pandok, Varkhok....

Net gou om almal te laat weet.... ons uiteindelik in ons huis!!!! 

Ons hoor toe mos die Sondagaand (2 Januarie) dat ons die Dinsdag (4 Januarie) uit die tydelike akkommodasie moet wees aangesien dit net tot dan geboek is en hulle propvol bespreek is.  Ons sou dit mos kon verleng aangesien ons container nog nie hier is nie.  Maar toe moes ons inderhaas plan maak...

Aangesien ons klaar deposito op 'n huur huis betaal het, kontak ons die Maandag die Estate Agent om te hoor of dit moontlik sal wees of ons die Dinsdag al die kontrak kan teken en die sleutels kan kry om in te trek.

Nou ja, dinge word so bietjie anders hier in Aussie land gedoen.... jy moet die plek as skoon afteken... wat ons toe moes doen - behalwe - die plek was nog nie skoongemaak nie.  Maar nou ja, beggars can't be choosers!!!

So Dinsdagaand trek ons toe in en begin die groot skoonmaak.  Gelukkig het ons darem 'n bank, eetkamerstel en Bianca het 'n bed!  Verder slaap ons en Ruan op matrasse op die grond en huur ons 'n yskas en mikrogolfoond.  Dis nou net tot ons skippie einde van die maand kom!

Die beplande datum vir ons container om te kom is die 9de Januarie, dan moet dit nog deur customs gaan.  So ons sal seker so teen einde Januarie ons goed kry...miskien 'n lekker verjaardag boks vir my!!


Die kids geniet die spasie baie...na hulle lank in tydelike akkommodasie met min spasie opgeskeep moes wees.

Ons sal later bietjie fotos van ons plekkie opsit.

Op daardie noot...oos wes tuis bes....!!!!

Sunday, January 2, 2011

HAPPY NEW YEAR!!

Daar's hy!  2011.  'n Nuwe jaar met nuwe uitdagings.  Alle voorspoed en beste wense vir die nuwe jaar!!

Ons het die nuwe jaar maar stil stil ingegaan.  Bernadette saggies in haar slaap en ek het die Sydney fireworks op TV gekyk met 'n biertjie in die hand.  Die vuurwerk vertoning was iets om te sien!  Daar was ongeveer 1,5 miljoen mense om Sydney hawe wat die 5 miljoen dollar (R35 miljoen) vertoning gekyk het (met 'n beraamde 1 biljoen wêreld-wyd wat soos ek ingeskakel het).  Dit het 'n hele 12 minute gehou - wat dalk kort klink, maar dis 'n laaaang vuurwerk vertoning.  Hier's 'n paar fototjies vanaf die internet af.









Road Trip...Eden (NSW)...Part 3

Part 3...

Ons het 'n draai gaan maak by Potoroo Palace (http://www.potoroopalace.com/), 'n "Native Animal Sanctuary".

Ons het ongelukkig te laat daar aan gekom, net 'n halfuur voordat hulle vir die dag toegemaak het.  Sou regtig meer tyd daar wou spandeer.  Die diere loop mak in die sanctuary rond... soos ons tot ons...hhmmm...skok....agtergekom het!!! 

Ons loop nog so en kyk na die wallabies (http://en.wikipedia.org/wiki/Wallaby) toe ons deur die struike Emus (http://en.wikipedia.org/wiki/Emu) sien nader kom!  Hulle het natuurlik geruik ons loop met 'n pakkie kos rond om vir die kangaroos te voer!  Hulle is darem aanmatigend om kos te kry hoor... druk omtrent hul neuse in Etienne se hand in!!  Of sal ek sê probeer...!!!  Hulle is nogals groot en maak 'n onaardige "grom" geluid.  Ons almal het lekker geskrik.  Bianca het sommer begin huil!  Selfs Etienne het geskrik en maar sy rug probeer draai op hulle...gelukkig het ons darem 'n ontsnappings roete gevind....na die kangaroos toe!

WAARSKUWING:  Maak asseblief seker dat genoeg data beskikbaar is om video clips te kyk!




Die Kangaroos is nog jonk maar heeltemal mak...eet uit 'n mens se hand uit en laat selfs toe dat jy hulle vryf.  Dit was nogals 'n belewenis om so aan hulle te kon raak.  Ruan het ook dit baie geniet maar Bianca het maar veilig op ma se sy gebly!






Verder het hulle Koalas, Reptiele, Dingoes, en Voëls daar.  Ons het nie tyd gehad om die Sanctuary verder te explore nie maar was heel tevrede met ons Kangaroo ontmoeting!

Dit het dan ook ons kuiertjie aan die NSW kus afgesluit.  Ons het die volgende oggend vroeg in die pad geval terug Wagga toe.  Ons het die "scenic" drive terug deur die Nationale Park geneem wat die roete omtrent met 2 ure verleng (en nee, die keer het ons nie verdwaal nie!!).  Dit was omtrent so 80km se kronkel berg paadjies wat glad nie goed met die "karsiek gevoel" gewerk het nie.  Ruan het siek geword net voor ons uit die bergpas uit is ('n mens kry ook net 2 ure om die roete te voltooi sonder om te betaal).  Gelukkig was ons darem nog in die tydsberekening, nadat ons eers die...gemors...skoon gemaak het!

Oppad terug het ons ook 'n Wedge-tailed Eagle (http://en.wikipedia.org/wiki/Wedge-tailed_Eagle) gesien.  Ons het so om 'n draai gekom en toe sit meneer en eet aan 'n karkas.  Eers kyk ons mekaar aan, en toe gryp ek vir die kamera maar was te laat.  Hy vlieg toe weg, maar sjoe...wat 'n indrukwekkende voël!  Sy "wingspan" kan tot en met 2.3meter wyd raak.

Verder kry mens ook heelwat "signposts" wat mens waarsku om op die uitkyk te wees vir Kangaroos, Wombats (http://en.wikipedia.org/wiki/Wombat), en Emus. 


Saturday, January 1, 2011

Road trip... Eden (NSW)...Part 2

PART 2:  Ai ai, was die kinders omtrent opgewonde om see toe te gaan.   Was dit omtrent 'n gesukkel om hulle in die bed te kry die vorige aand.  Gelukkig het Ruan verstaan hy hoef nie te worry nie...hy slaap by die see!  Vroegoggend het ons gou eers gaan ontbyt eet...en met erg ongeduldige kinders in tou...wie wil nou ontbyt eet as jy op die strand kan gaan speel?

Die strand is regtig pragtig.... skoon, oop, stil...!  Kan nie glo dat tydens die Kersseisoen so 'n gewilde kusdorp so stil kan wees op die strand nie.  Dit was heerlik!  Ons kon tot ons goed maar los en 'n wandeling gaan neem.


Ruan was maar eers skrikkerig met sy eerste kennismaking met die Aussie see maar ai ai...toe hy eers sy tone in daai sand en water gehad het was daar geen keer aan hom nie.  Sien hom nog so bibberend en bewend staan met die lippe wat bewe van die koue en nog sê hy..."Kom Daddy...swem..."

WAARSKUWING:  KYK ASSEBLIEF DIE VIDEO CLIPS SLEGS AS DAAR GENOEG DATA BESKIKBAAR IS OM DIT TE KAN KYK!!


 


Bianca het haar sand-speel baie geniet.  Ons het so entjie weg van die see "nes geskrop" en later bietjie afgeloop om in die nat sand te gaan sandkasteel bou.  Ons roep toe vir Bianca dat sy ook moet laer af kom...toe ons weer kyk kom sy aan geloop met al die emmertjies, grafie (in die mond, want haar hande was vol) en haar boogie board!  Bogger 2x loop om die goed te gaan haal!


Bianca was maar skrikkerig, nee jong, sê sommer reguit, bang vir die water!  Sy wou niks weet nie.  Sy gee daai branders net so 1 kyk dan spaander sy weer terug sand toe!  Sy was happy op haar sandbank (sy het toe later haar boogie board as 'n stoel gebruik).



Die omgewing is regtig mooi hier rond.  Ons het die 2de dag meer na die lagoon se kant gaan uitspan.  Ruan het dit vreeslik geniet om in die lagoon rond te plas.


Daar is ook wandel paaie waar 'n mens lekker kan gaan loop om die lagoon.  Die hele wandelpad is met houtplanke gedoen...hulle noem dit dan ook die "lagoon boardwalk".  





Ons laaste aand in Eden het ons pizza gekry en op ons picnic blanket langs die hawe-strand gaan eet. 


Hierdie is maar net 'n paar van ons vakansie fotos. 
Vir die wat wil gaan loer na ons vakansie fotos, click op die link hieronder:

1st Oz Roadtrip - Eden (NSW Coast)...Part 1

Road trip.... en toe besluit die 4Oliviere om vir 'n paar dae weg te breek en Oz te verken!  Ons het ons omtrent boeglam gesoek na verblyf so op kort kennisgewing en dit oor die Kersseisoen.  Net toe ons amper moed opgee kry Etienne vir ons verblyf in 'n kusdorpie Eden.  Hoe toepaslik is die naam nie...as jy kyk hoe pragtig die natuurskoon is.

Ons het die Maandagoggend (27/12/2010) sommer vroeg in die pad geval.  Eden is so om en by 6 ure se ry van Wagga Wagga af.  Ons het heel rustig gery en so stop-stop die pad na Eden toe verken.  Met die kinders moet 'n mens maar 'n paar pit-stoppe inkry maar eintlik was die 2 woelwaters baie soet in die kar - Ruan wat om elke draai sê "Ons gaan see toe"!!

Ons het oor die Snowy Mountains gery oppad kus toe.  Dit is regtig pragtige omgewing en 'n mens (of hoe sal mens dit noem...."kangaroo-rookies"...), word "getreat" op heelwat kangaroo spottings langs die pad.  Die Snowy Mountains is omtrent 2 ure van Wagga Wagga af - en dis nou hiernatoe waarheen 'n mens in die winter gaan om bietjie in die sneeu te baljaar!  Daar is ook 'n Nationale Park in die Snowy Mountains omgewing wat gespel word...Kosciusko National Park maar 'n mens spreek dit uit...Kos-i-oz-kou National Park...'n regte tongknoper.

Nee, dis nog nie die see nie... dis 'n meer in die Snowy Mountains.

Kangaroos!!!

Ons het regtig die "scenic route" geneem toe ons so 'n bietjie van die beplande roete "afgedwaal" het...en amper in Canberra geeindig het!!  (En dis nie omdat ons verdwaal het nie...!!!)  Dit het ons toe so 'n bietjie later laat aankom in Eden, maar alles het goed afgeloop.

In Eden aangekom, het ons dadelik na die Motel toe gegaan om gou eers ons goed af te pak.  Dit was vreeslik winderig - amper soos die Suid-Afrikaners sal sê..."Die Suid-Ooster" het goed gewaai.  Ons het vir ons tradisionele kusdorp kos..vis&chips.. gaan koop en op die hawe gaan eet.  Die seemeeue was so mak, ons moes net keer of hulle kom eet uit jou bord uit!  Bianca was maar erg bekommerd dat hulle haar chips gaan kom skollie!


Thursday, December 30, 2010

Christmas Day Picnic

Ons eerste Kersdag hier in Australië het ons saam met die Davidsons picnic gaan hou by die Botaniese Tuine (waar die lekker parkie vir die kinders is).

Die weer was heerlik, die picnic kos smaaklik en die geselskap - vir die grootmense en die kinders - baie lekker!  Ons kan regtig sê ons eerste Kersdag, so in die "vreemde" was heel aangenaam en om dit te kon deel met vriende het dit alles sommer net lekkerder gemaak.







En Kersvader loop toe mos weer....

Santa Clause is coming to town...

Vroegoggend toe die kinders wakker word ontdek hulle dat Santa gekom het terwyl hulle geslaap het!  Persente tyd...!!!




Friday, December 24, 2010

Laatmiddag "stroll" in omgewing

Net 'n paar fotos van die kinders en hul nuwe fietsies!  Ruan het 'n scooter - wat hy baie gou bemeester het - en Bianca se fietsie wonder 'n "scuttlebug" genoem.  Ons het net 'n bietjie gaan rondloop in die omgewing.  Hier kry 'n mens lekker sement walkways wat die mense lekker benut met wandelings of draf.




Happy Birthday Bianca!

Ons Poppelops is 2 jaar oud!!!  Baie geluk Bianca met jou verjaardag.  Al is jy vandag groot nooi van 2 jaar, jy sal altyd onse kleine pops bly. 




Ons het vir Bianca 'n klein partytjie gegee en sy het dit geniet.  Ballonne, sweeties, koek en persente saam met maatjies is nou net die regte manier om jou verjaardag te geniet!







Baking the Birthday Cake!!

Met elke verjaardag is dit vir my 'n tradisie om vir die kinders 'n lekker verjaardagkoek te bak ...(of om Anel te kry om die koek te bak!!).  Hierdie jaar met Bianca se verjaardag was alles 'n bietjie "holderstebolder" (deurmekaar) met die dat ons nog nie in ons eie huis is of ons goed nog nie hier is nie... so ek het gereken om maar net 'n koek te koop.  Maai ai ai...dit het darem nie reg gevoel nie, so op die ou einde het ek bestanddele en 'n koekpan gekoop en ons het gou vir die birthday girl 'n koek gebak!!

Natuurlik was dit 'n spanpoging...ek wat bak en die kinders wat skoon maak ...hmm, bedoel die bak uitlek!

Maar dit was 'n geslaagde poging en die koek was heel lekker!




Monday, December 20, 2010

Hoe is diè vir 'n piesang...!!!

Hoop die foto gee genoeg skaal aan hoe groot (lank) die piesangs is wat 'n mens hier kry...