Net gou om almal te laat weet.... ons uiteindelik in ons huis!!!!
Ons hoor toe mos die Sondagaand (2 Januarie) dat ons die Dinsdag (4 Januarie) uit die tydelike akkommodasie moet wees aangesien dit net tot dan geboek is en hulle propvol bespreek is. Ons sou dit mos kon verleng aangesien ons container nog nie hier is nie. Maar toe moes ons inderhaas plan maak...
Aangesien ons klaar deposito op 'n huur huis betaal het, kontak ons die Maandag die Estate Agent om te hoor of dit moontlik sal wees of ons die Dinsdag al die kontrak kan teken en die sleutels kan kry om in te trek.
Nou ja, dinge word so bietjie anders hier in Aussie land gedoen.... jy moet die plek as skoon afteken... wat ons toe moes doen - behalwe - die plek was nog nie skoongemaak nie. Maar nou ja, beggars can't be choosers!!!
So Dinsdagaand trek ons toe in en begin die groot skoonmaak. Gelukkig het ons darem 'n bank, eetkamerstel en Bianca het 'n bed! Verder slaap ons en Ruan op matrasse op die grond en huur ons 'n yskas en mikrogolfoond. Dis nou net tot ons skippie einde van die maand kom!
Die beplande datum vir ons container om te kom is die 9de Januarie, dan moet dit nog deur customs gaan. So ons sal seker so teen einde Januarie ons goed kry...miskien 'n lekker verjaardag boks vir my!!
Die kids geniet die spasie baie...na hulle lank in tydelike akkommodasie met min spasie opgeskeep moes wees.
Ons sal later bietjie fotos van ons plekkie opsit.
Op daardie noot...oos wes tuis bes....!!!!
Thursday, January 6, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment