Die strand is regtig pragtig.... skoon, oop, stil...! Kan nie glo dat tydens die Kersseisoen so 'n gewilde kusdorp so stil kan wees op die strand nie. Dit was heerlik! Ons kon tot ons goed maar los en 'n wandeling gaan neem.
Ruan was maar eers skrikkerig met sy eerste kennismaking met die Aussie see maar ai ai...toe hy eers sy tone in daai sand en water gehad het was daar geen keer aan hom nie. Sien hom nog so bibberend en bewend staan met die lippe wat bewe van die koue en nog sê hy..."Kom Daddy...swem..."
WAARSKUWING: KYK ASSEBLIEF DIE VIDEO CLIPS SLEGS AS DAAR GENOEG DATA BESKIKBAAR IS OM DIT TE KAN KYK!!
WAARSKUWING: KYK ASSEBLIEF DIE VIDEO CLIPS SLEGS AS DAAR GENOEG DATA BESKIKBAAR IS OM DIT TE KAN KYK!!
Bianca het haar sand-speel baie geniet. Ons het so entjie weg van die see "nes geskrop" en later bietjie afgeloop om in die nat sand te gaan sandkasteel bou. Ons roep toe vir Bianca dat sy ook moet laer af kom...toe ons weer kyk kom sy aan geloop met al die emmertjies, grafie (in die mond, want haar hande was vol) en haar boogie board! Bogger 2x loop om die goed te gaan haal!
Bianca was maar skrikkerig, nee jong, sê sommer reguit, bang vir die water! Sy wou niks weet nie. Sy gee daai branders net so 1 kyk dan spaander sy weer terug sand toe! Sy was happy op haar sandbank (sy het toe later haar boogie board as 'n stoel gebruik).
Die omgewing is regtig mooi hier rond. Ons het die 2de dag meer na die lagoon se kant gaan uitspan. Ruan het dit vreeslik geniet om in die lagoon rond te plas.
Daar is ook wandel paaie waar 'n mens lekker kan gaan loop om die lagoon. Die hele wandelpad is met houtplanke gedoen...hulle noem dit dan ook die "lagoon boardwalk".
Ons laaste aand in Eden het ons pizza gekry en op ons picnic blanket langs die hawe-strand gaan eet.
Hierdie is maar net 'n paar van ons vakansie fotos.
Vir die wat wil gaan loer na ons vakansie fotos, click op die link hieronder:
No comments:
Post a Comment