Ons het 'n draai gaan maak by Potoroo Palace (http://www.potoroopalace.com/), 'n "Native Animal Sanctuary".
Ons het ongelukkig te laat daar aan gekom, net 'n halfuur voordat hulle vir die dag toegemaak het. Sou regtig meer tyd daar wou spandeer. Die diere loop mak in die sanctuary rond... soos ons tot ons...hhmmm...skok....agtergekom het!!!
Ons loop nog so en kyk na die wallabies (http://en.wikipedia.org/wiki/Wallaby) toe ons deur die struike Emus (http://en.wikipedia.org/wiki/Emu) sien nader kom! Hulle het natuurlik geruik ons loop met 'n pakkie kos rond om vir die kangaroos te voer! Hulle is darem aanmatigend om kos te kry hoor... druk omtrent hul neuse in Etienne se hand in!! Of sal ek sê probeer...!!! Hulle is nogals groot en maak 'n onaardige "grom" geluid. Ons almal het lekker geskrik. Bianca het sommer begin huil! Selfs Etienne het geskrik en maar sy rug probeer draai op hulle...gelukkig het ons darem 'n ontsnappings roete gevind....na die kangaroos toe!
WAARSKUWING: Maak asseblief seker dat genoeg data beskikbaar is om video clips te kyk!
Die Kangaroos is nog jonk maar heeltemal mak...eet uit 'n mens se hand uit en laat selfs toe dat jy hulle vryf. Dit was nogals 'n belewenis om so aan hulle te kon raak. Ruan het ook dit baie geniet maar Bianca het maar veilig op ma se sy gebly!
Verder het hulle Koalas, Reptiele, Dingoes, en Voëls daar. Ons het nie tyd gehad om die Sanctuary verder te explore nie maar was heel tevrede met ons Kangaroo ontmoeting!
Dit het dan ook ons kuiertjie aan die NSW kus afgesluit. Ons het die volgende oggend vroeg in die pad geval terug Wagga toe. Ons het die "scenic" drive terug deur die Nationale Park geneem wat die roete omtrent met 2 ure verleng (en nee, die keer het ons nie verdwaal nie!!). Dit was omtrent so 80km se kronkel berg paadjies wat glad nie goed met die "karsiek gevoel" gewerk het nie. Ruan het siek geword net voor ons uit die bergpas uit is ('n mens kry ook net 2 ure om die roete te voltooi sonder om te betaal). Gelukkig was ons darem nog in die tydsberekening, nadat ons eers die...gemors...skoon gemaak het!
Oppad terug het ons ook 'n Wedge-tailed Eagle (http://en.wikipedia.org/wiki/Wedge-tailed_Eagle) gesien. Ons het so om 'n draai gekom en toe sit meneer en eet aan 'n karkas. Eers kyk ons mekaar aan, en toe gryp ek vir die kamera maar was te laat. Hy vlieg toe weg, maar sjoe...wat 'n indrukwekkende voël! Sy "wingspan" kan tot en met 2.3meter wyd raak.
Verder kry mens ook heelwat "signposts" wat mens waarsku om op die uitkyk te wees vir Kangaroos, Wombats (http://en.wikipedia.org/wiki/Wombat), en Emus.
No comments:
Post a Comment