Ons het weer bietjie gaan swem by Oasis - meer vir Ruan om sy nuwe swem goggles in te wy!! Hy geniet die swem omtrent - en nou met sy swem goggles is hy behoorlik soos 'n eend in die water - kan net nie genoeg kry nie!!
Tuesday, February 1, 2011
Australia Day 2011
Ons eerste Australia Day!!!
Ons het die dag gevier met 'n soetding vir elkeen.
Die kinders het elkeen ook 'n lekker "slush puppy" gekry in so 'n lekker "cocktail" glas. Dit was baie warm en die kinders het die heerlike koue drankie geniet!
26 Januarie is Australia Day (http://en.wikipedia.org/wiki/Australia_Day) - ons het die dag rustig begin aangesien dit 'n vakansiedag is.
Ons is toe bietjie in dorp toe om te gaan kyk hoe die Aussies hier in Wagga Australia Day vier. Meeste plekke was toe (vakansie dag). Daar was darem bietjie feesvieringe met springkastele vir die kinders en so meer.
Ons het die dag gevier met 'n soetding vir elkeen.
Die kinders het elkeen ook 'n lekker "slush puppy" gekry in so 'n lekker "cocktail" glas. Dit was baie warm en die kinders het die heerlike koue drankie geniet!
Tuesday, January 25, 2011
Happy Birthday to me.....
My verjaardag was 'n rustige - warm dag. Die oggend het Etienne en die kinders vir my koffie in die bed gebring - en natuurlik soos hulle geoefen het, vir Mamma happy birthday gesing!!!
Ons het beplan om na 'n blomplaas net buite Wagga te gaan - maar daar aangekom is die plek gesluit en heropen eers in Februarie. Van daar het ons maar net 'n entjie rondgery en so in die dorpie Rock geeindig. Letterlik en figuurlik in die middel van niks en so groot soos.....sjoe, vind dit bietjie moeilik om 'n plek te kry om 'n vergelyking te tref!
Soos die dorp se naam aandui word dit vernoem na die "Rock" - 'n koppie wat nogals lyk soos die Lion King se rotsformasie! Ons beplan weer 'n - meer beplande - uitstappie soontoe - om dan in die nationale park te gaan rondloop. Dan wil ons ordentlike skoene aantrek - gestewel en gespoor met 'n lekker piekniek mandjie ook.
Hier is so bietjie inligting: http://www.lockhart.nsw.gov.au/about/1001/1015.html
Hhmmm, nou nie seker wat hulle met hierdie kennisgewing bedoel nie - maar ons het dit snaaks gevind.
Vandaar is ons terug Wagga toe - en omdat dit middagete se koers was, het ons sommer gaan eet by 'n plekkie met die naam Hogs Breath (http://www.hogsbreath.com.au/). Dit is amper 'n plek soos 'n mens die Spur in Suid-Afrika sal kry.
Die kos was heerlik, die atmosfeer lekker en ons almal het dit nou geniet.

Die chips word gedraai dat dit lyk soos 'n pigtail.
Blomme vir Mamma se verjaardag
Ruan het vir Etienne gehelp om 'n paar blomme in potte te plant! Ons het 2 potte gekoop met 'n paar blomme om in te plant - net om so 'n bietjie kleur in ons tuin te bring. Ons het die 2 potte op die agterstoep onder die afdak gesit.
En natuurlik was Supervisor Bianca op haar pos om toe te sien dat die manne 'n ordentlike job doen!

Friday, January 21, 2011
You scream, I scream, we all scream for.....drumstick????
Nou ja, wie sou nou ooit kon dink dat hulle deurmekaar sou raak met roomys en hoenderboudjies???
Watter een klink die mees eksoties en laat jou sommer so 'n watertand lekker laat kry na roomys...Cornetto of Drumstick....well, you be the judge...!!!!!
Die kinders geniet bietjie afkoeling buite met roomys en hardloop deur die sproeier....soos ons toe ons nog kinders was...!!

Wednesday, January 19, 2011
Ons plekkie down under....
Ek het gedink om so 'n paar fotos te deel van hoe ons plek lyk - alhoewel dit maar nog taamlik leeg is sonder ons eie goed - wat nog oppad is! En dan ook, die plek is huur huis en soos dit ook maar gaan met huur huise - veral die tuin is verwaarloos - maar met 'n bietjie t-l-c gaan die plek sommer vinnig na huis lyk en voel!
Ons huis is op die hoek. So, dit al klaar sê dat die erf redelik groot is. Nou nie jou standaard hoekerf groottes wat jy in Suid-Afrika kry nie maar ons kla nie, daar is heelwat speel ruimte vir die kinders en ook genoeg erf om Etienne taamlik besig gaan hou met tuinwerk!
Huise is maar taamlik duur hier - en veral ook jou huurplekke. Hier word die huur weekliks betaal. Ons het na heelwat huise gaan kyk - soos ons die adresse in die koerant of op internet sien het ons daar verby gaan ry om 'n gevoel van die omgewing en huis te kry. 'n Mens moet 'n afspraak maak indien jy sou belangstel om 'n huis te gaan besigtig. Hulle noem dit viewing appointments - dan kom almal op een slag kyk wat belangstel. Dan dien jy 'n applikasie in - as jy nou sou besluit jy wil die plek huur. Dan word jou applikasie deur die agent en eienaar goedgekeur. Hulle noem dit 'n puntestelsel - jy moet 100 punte kry voor jy kwalifiseer vir die huur van 'n plek..... dokumentasie wat jy moet toon wat nou die punte op maak bv. paspoort, bestuurlisensie, dienskontrak, payslip, ens.
Ons was gelukkig om die eerste plek waarvoor ons aansoek gedoen het te kon kry. 'n Mens hoor nogals heelwat van mense wat eers na die derde of so probeerslag gelukkig is om 'n plek te kry. Die dag toe ons kom kyk het na die huis, was hier iemand anders ook wat sommer daar en dan 'n applikasie vorm ingevul het. Nou ja, hierdie keer was die geluk aan ons kant....

Die specs van ons huis: 4 slaapkamers, 1 badkamer, groot leefvertrek met oopplan kombuis, laundry kamer, dubbel motorhuis, pakkamer, groot stoep en lekker grassperk. Daar is ook sulke blinds/afdakkie goed voor elke venster om die son te keer.
Monday, January 17, 2011
Winkel konsternasie
Sjoe....wat 'n drama!!! Ja, elke ma kom dit ook maar een of ander tyd oor. Maar ai, dit is nogals 'n gevoel wat ek nie sommer weer wil ervaar nie....
Ja, daar raak Ruan toe mos weg in die winkel!! Ons het by die electronics afdeling geloop en kyk na al die goed en daar is toe 'n lekker flatscreen tv met nogals Open Season 3 wat wys. Nou ja, eie aan sy aard, haak Ruan toe net daar vas. Daar is tot 'n lekker bankie waar die kinders kan sit en kyk!
Ons sê toe vir hom, hy sit mooi en kyk en hy bly daar. Ons sal hom kom haal. Ek kyk toe omtrent elke minuut op hom dat hy nog ok is en nog rustig sit en tv kyk. Maar met my volgende "rondte" is mistertjie mos weg.
Dadelik loop ek na Etienne toe en sê operasie Ruan vind het begin. Op af, op af....ek begin naderhand te drafstap! Met die kom daar 'n aankondiging oor die winkel se klankstelsel dat daar 'n seuntjie met die en die klere aan is. Ek het nie eers klaar geluister nie, net gehardloop (met Bianca) in my arms, Etienne iewers agterna.
Daar sien toe 'n man my aankom en kom nader en vra of dit my seun is. Ek sê toe ek dink so. Hy sê toe ek moenie so worry nie hy is ok. Alles goed en wel. Ek noem toe maar ja, sien ons eerste taal is nie engels nie en ek glo nie Ruan sou mooi vir hulle kon vertel wat waar wanneer, en al daardie dinge nie!
Maar gelukkig was dit toe Ruan - ewe vol glimlaggies nader gehardloop gekom! Ja en toe kon diè mamma se hart eers bedaar - en 'n paar knoppe afsluk!!!
Ai ai, wat 'n ondervinding!.....(en ja, ek wil nie eers dink as ons nog in Suid-Afrika was nie...maar dan....daar sou ek Ruan NOOIT so alleen gelaat het nie)

Subscribe to:
Posts (Atom)