Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, January 19, 2011

Ons plekkie down under....

Ek het gedink om so 'n paar fotos te deel van hoe ons plek lyk - alhoewel dit maar nog taamlik leeg is sonder ons eie goed - wat nog oppad is!  En dan ook, die plek is huur huis en soos dit ook maar gaan met huur huise - veral die tuin is verwaarloos - maar met 'n bietjie t-l-c gaan die plek sommer vinnig na huis lyk en voel!

Ons huis is op die hoek.  So, dit al klaar sê dat die erf redelik groot is.  Nou nie jou standaard hoekerf groottes wat jy in Suid-Afrika kry nie maar ons kla nie, daar is heelwat speel ruimte vir die kinders en ook genoeg erf om Etienne taamlik besig gaan hou met tuinwerk!






Huise is maar taamlik duur hier - en veral ook jou huurplekke.  Hier word die huur weekliks betaal.  Ons het na heelwat huise gaan kyk - soos ons die adresse in die koerant of op internet sien het ons daar verby gaan ry om 'n gevoel van die omgewing en huis te kry.  'n Mens moet 'n afspraak maak indien jy sou belangstel om 'n huis te gaan besigtig.  Hulle noem dit viewing appointments - dan kom almal op een slag kyk wat belangstel.  Dan dien jy 'n applikasie in - as jy nou sou besluit jy wil die plek huur.  Dan word jou applikasie deur die agent en eienaar goedgekeur.  Hulle noem dit 'n puntestelsel - jy moet 100 punte kry voor jy kwalifiseer vir die huur van 'n plek..... dokumentasie wat jy moet toon wat nou die punte op maak bv. paspoort, bestuurlisensie, dienskontrak, payslip, ens.

Ons was gelukkig om die eerste plek waarvoor ons aansoek gedoen het te kon kry.  'n Mens hoor nogals heelwat van mense wat eers na die derde of so probeerslag gelukkig is om 'n plek te kry.  Die dag toe ons kom kyk het na die huis, was hier iemand anders ook wat sommer daar en dan 'n applikasie vorm ingevul het.  Nou ja, hierdie keer was die geluk aan ons kant....

Die specs van ons huis:  4 slaapkamers, 1 badkamer, groot leefvertrek met oopplan kombuis, laundry kamer, dubbel motorhuis, pakkamer, groot stoep en lekker grassperk.  Daar is ook sulke blinds/afdakkie goed voor elke venster om die son te keer.








 

No comments:

Post a Comment