Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, January 17, 2011

Winkel konsternasie

Sjoe....wat 'n drama!!!  Ja, elke ma kom dit ook maar een of ander tyd oor.  Maar ai, dit is nogals 'n gevoel wat ek nie sommer weer wil ervaar nie....

Ja, daar raak Ruan toe mos weg in die winkel!!  Ons het by die electronics afdeling geloop en kyk na al die goed en daar is toe 'n lekker flatscreen tv met nogals Open Season 3 wat wys.  Nou ja, eie aan sy aard, haak Ruan toe net daar vas.  Daar is tot 'n lekker bankie waar die kinders kan sit en kyk! 

Ons sê toe vir hom, hy sit mooi en kyk en hy bly daar.  Ons sal hom kom haal.  Ek kyk toe omtrent elke minuut op hom dat hy nog ok is en nog rustig sit en tv kyk.   Maar met my volgende "rondte" is mistertjie mos weg.

Dadelik loop ek na Etienne toe en sê operasie Ruan vind het begin.  Op af, op af....ek begin naderhand te drafstap!  Met die kom daar 'n aankondiging oor die winkel se klankstelsel dat daar 'n seuntjie met die en die klere aan is.  Ek het nie eers klaar geluister nie, net gehardloop (met Bianca) in my arms, Etienne iewers agterna.

Daar sien toe 'n man my aankom en kom nader en vra of dit my seun is.  Ek sê toe ek dink so.  Hy sê toe ek moenie so worry nie hy is ok.  Alles goed en wel.  Ek noem toe maar ja, sien ons eerste taal is nie engels nie en ek glo nie Ruan sou mooi vir hulle kon vertel wat waar wanneer, en al daardie dinge nie!

Maar gelukkig was dit toe Ruan - ewe vol glimlaggies nader gehardloop gekom!  Ja en toe kon diè mamma se hart eers bedaar - en 'n paar knoppe afsluk!!!

Ai ai, wat 'n ondervinding!.....(en ja, ek wil nie eers dink as ons nog in Suid-Afrika was nie...maar dan....daar sou ek Ruan NOOIT so alleen gelaat het nie)

No comments:

Post a Comment