Ons het beplan om na 'n blomplaas net buite Wagga te gaan - maar daar aangekom is die plek gesluit en heropen eers in Februarie. Van daar het ons maar net 'n entjie rondgery en so in die dorpie Rock geeindig. Letterlik en figuurlik in die middel van niks en so groot soos.....sjoe, vind dit bietjie moeilik om 'n plek te kry om 'n vergelyking te tref!
Soos die dorp se naam aandui word dit vernoem na die "Rock" - 'n koppie wat nogals lyk soos die Lion King se rotsformasie! Ons beplan weer 'n - meer beplande - uitstappie soontoe - om dan in die nationale park te gaan rondloop. Dan wil ons ordentlike skoene aantrek - gestewel en gespoor met 'n lekker piekniek mandjie ook.
Hier is so bietjie inligting: http://www.lockhart.nsw.gov.au/about/1001/1015.html
Hhmmm, nou nie seker wat hulle met hierdie kennisgewing bedoel nie - maar ons het dit snaaks gevind.
Vandaar is ons terug Wagga toe - en omdat dit middagete se koers was, het ons sommer gaan eet by 'n plekkie met die naam Hogs Breath (http://www.hogsbreath.com.au/). Dit is amper 'n plek soos 'n mens die Spur in Suid-Afrika sal kry.
Die kos was heerlik, die atmosfeer lekker en ons almal het dit nou geniet.
Die chips word gedraai dat dit lyk soos 'n pigtail.
Jul maak my honger!! ;o) Pops word so gou groot, voel vir my as ek gaan oë knip gaan sy al op skool wees! Lol, hoe is dit vir 'n tear jerker: imagine die kids in skool klere.... Liefies en mis jul baaaaaaie! Nella xxxxxx
ReplyDelete