Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, May 10, 2011

Pt Lonsdale (2)

Sarah & Justin het ons nou behoorlik "getreat" met Aussie kultuur - van kangaroo tot vars prawns - en om nie eers van die "dim sims" te praat nie...en natuurlik, spesiaal vir Anel, 'n regte egte Aussie meat pie!!!  Lekker gelag hieroor want daar word toe mos sommer 'n gevriesde pie uit die vrieskas gehaal (so 'n regte petrolstasie pie!!)

Tyd vir in die see swem was daar nie baie nie en op die strand lui lekker lê ook nie.  Daarby was dit al bietjie koud ook.  Ons het die Maandagoggend gou eers weer 'n draai op die strand gaan maak en daarna Pt Lonsdale verken en afgeloop na die lugtoring toe.  Ons het toe vir die Aussies 'n regte Suid-Afrikaanse bobotie gemaak (hulle praat van 'n lekker "currie") .  Eerder Anel het dit vir ons gemaak...lekker lekker - en dan nog met haar smul lekker sjokolade tert/poeding! 














Ek en Bianca by Sarah en Charlotte



 



Etienne en Anel deel 'n oomblik met 'n lekker koffie!




Pt Lonsdale

Voor ons by Pt Lonsdale aangekom het, het ons eers gestop vir middagete in Queenscliff (http://en.wikipedia.org/wiki/Queenscliff,_Victoria) - die buurdorp van Pt Lonsdale.  'n Regte "fish&chips" sommer so op die gras gesit en eet!






Ons het by ons Aussie vriende (Sarah & Justin) se familie vakansiehuis in Pt Lonsdale (http://en.wikipedia.org/wiki/Point_Lonsdale) tuis gegaan.  Die laatmiddag het ons net afgestap strand toe (hulle huis is seker so 200meter van die strand af) - en net gaan loer hoe dit daar lyk.  Maar die gety was so hoog en erg dat die branders skoon vir Hugo (hulle seuntjie van 2) omgestamp het!  Maar natuurlik het dit nie eers vir Ruan gekeer om sy voete nat te maak nie!!!





Die GROOT kuier!!!

Uiteindelik na baie "dae af tel" is die dag hier vir Anel se groot kuier hier by ons in Wagga Wagga!  Sjoe, wat 'n opgewondenheid.

Ons het Anel die Saterdagaand op die lughawe gaan haal.  Sy het nie eers behoorlik die stof van Wagga onder haar skoensole gevoel nie - toe laai ons haar weer in die bakkie vir 'n roadtrip na Victoria toe! 

Ons het die Sondagoggend so skuins voor 6 in die pad geval.  Ai, en toe moes Anel nog Aussie kieme kom optel wat die ryery vir haar nou nie so aangenaam gemaak het nie - bygesê dit was maar 'n langpad se ry jong.  En arme Anel moes maar inwurm tussen die twee kinders in - nie dat ek dink dit het haar gepla nie!!!


Maar die omgewing bly mooi en vir ons was dit ook 'n eerste om in daardie rigting te gaan - 'n mens besef eers jy is in Aussie land as jy die kangaroos en wilde pappegaaie sien, anders sal dit maar lyk of jy iewers in Suid-Afrika ry.

Ons het by die geskiedkundige dorpie Beechworth (http://en.wikipedia.org/wiki/Beechworth) gestop vir ontbyt.  Blykbaar het die bakkery daar die lekkerste ontbyt en koffie!  Wel, ons moes dit toe natuurlik gaan beproef en ja, dit was heel lekker!




I see you baby!!!






Sê Cheese!
 
Die kinders het elkeen 'n smiley face koekie vir breakfast poeding gekry - ja, kyk ons is mos darem op vakansie!!




En na die lekker bene rek en ontbyt stop het ons weer die pad aangedurf Victoria toe....

Thursday, April 7, 2011

Playgroup Indigenous Day

Ons het vandag (7 April) 'n Indigenous Day gehad waar ons 'n biejtie meer geleer het oor die Aboriginal mense van Australia maar meer oor die Wiradjuri Tribe wat hul oorsprong hier in Wagga Wagga omgewing gehad het.  (http://en.wikipedia.org/wiki/Wiradjuri)


Die Wiradjuri Vlag

Ek het dit vreeslik interessant gevind, alhoewel dit vir die kinders 'n bietjie vervelig was - hulle was ten minste daar om te speel nie om na stories en dinge te luister nie!!! 

Daar het 'n ou vir ons die didgeridoo kom speel en ook so bietjie meer vertel van die instrument.  Vir die wat belangstel kan julle gerus bietjie gaan nalees oor die didgeridoo (http://aboriginalart.com.au/didgeridoo/what_is.html en http://aboriginalart.com.au/didgeridoo/what_is.html)




Faye, 'n tribe elder het ook kom inloer en vir ons 'n storie gelees.

"The Wiradjuri people believed their souls lived in the trees, rocks and waterholes after they died, waiting to be reborn in a new child. This accounts for them always believing they were at one with the land, which owned them as much as they owned it. They were taught, from the Dreamtime, that they were only caretakers of the land they called their tribal territory." 

Die Wiradjuri mense is blykbaar baie bekend vir hulle storie vertellings.

Ons het ook traditionele brood geeët wat in die grond met kole gebak word - baie soos ons potbrood sal maak - en ek moet sê dit proe ook baie dieselfde, miskien net so bietjie "suurder".  Hulle noem dit Damper brood - (http://en.wikipedia.org/wiki/Damper_(food)  Maar dit is baie lekker saam met heuning.  Ruan het sy stukkie so geniet, dat hy skoon sy bord geneem het en eenkant onder 'n tafel gaan sit en eet het!


Daar was ook 'n voorbeeld van 'n boomerang.  Die ou wat die didgeridoo gespeel het, het ook gebruik gemaak van 'n boomerang om ritme te hou.  Blykbaar kry jy sekere instrumente om met ritme hou te help maar dit is baie "custom" om sommer jou wapen -aka boomerang - te gebruik!  Die didgeridoos en boomerangs word dan ook verfraai met verf en tekeninge.  Elkeen vertel sy eie storie - elke didgeridoo verskil - daar is nie een wat dieselfde is nie, so ook hul tekeninge.  Gewoonlik word die stories uitgebeeld oor hoe hulle die didgeridoo gekry het of net van 'n tribal meeting of campsite.


Die boomerang was dan ook aanvanklik gebruik as 'n jag wapen - om meer daarvan te lees gaan kyk na, http://www.questacon.edu.au/indepth/clever/aboriginal_technology.html.

Die kinders het die verf baie geniet.  Faye se man, is 'n baie talentvolle kunstenaar en het die kinders bietjie gehelp met die verf.  Wit verf is blykbaar die mees gesogste verf onder die Wiradjuri mense want dit word gesien as "heilig en skoon".  Dan word geel en oranje verf baie gebruik as die kleure vir die aarde.






Die nuus-span en joernalis van plaaslike koerant was daar - so die Glenfield Gigglers gaan die nuus haal.  Dink nie Ruan en Bianca gaan op tv wees nie want die twee karnallies wou nie eers gaan staan het by die didgeridoo speler vir 'n foto nie.  Ai ai...  Maar dit was nogsteeds 'n lekker en interessante oggend.