Sarah & Justin het ons nou behoorlik "getreat" met Aussie kultuur - van kangaroo tot vars prawns - en om nie eers van die "dim sims" te praat nie...en natuurlik, spesiaal vir Anel, 'n regte egte Aussie meat pie!!! Lekker gelag hieroor want daar word toe mos sommer 'n gevriesde pie uit die vrieskas gehaal (so 'n regte petrolstasie pie!!)
Tyd vir in die see swem was daar nie baie nie en op die strand lui lekker lĂȘ ook nie. Daarby was dit al bietjie koud ook. Ons het die Maandagoggend gou eers weer 'n draai op die strand gaan maak en daarna Pt Lonsdale verken en afgeloop na die lugtoring toe. Ons het toe vir die Aussies 'n regte Suid-Afrikaanse bobotie gemaak (hulle praat van 'n lekker "currie") . Eerder Anel het dit vir ons gemaak...lekker lekker - en dan nog met haar smul lekker sjokolade tert/poeding!
|
Ek en Bianca by Sarah en Charlotte |
|
Etienne en Anel deel 'n oomblik met 'n lekker koffie! |
No comments:
Post a Comment