Ons het Anel die Saterdagaand op die lughawe gaan haal. Sy het nie eers behoorlik die stof van Wagga onder haar skoensole gevoel nie - toe laai ons haar weer in die bakkie vir 'n roadtrip na Victoria toe!
Ons het die Sondagoggend so skuins voor 6 in die pad geval. Ai, en toe moes Anel nog Aussie kieme kom optel wat die ryery vir haar nou nie so aangenaam gemaak het nie - bygesê dit was maar 'n langpad se ry jong. En arme Anel moes maar inwurm tussen die twee kinders in - nie dat ek dink dit het haar gepla nie!!!
Maar die omgewing bly mooi en vir ons was dit ook 'n eerste om in daardie rigting te gaan - 'n mens besef eers jy is in Aussie land as jy die kangaroos en wilde pappegaaie sien, anders sal dit maar lyk of jy iewers in Suid-Afrika ry.
Ons het by die geskiedkundige dorpie Beechworth (http://en.wikipedia.org/wiki/Beechworth) gestop vir ontbyt. Blykbaar het die bakkery daar die lekkerste ontbyt en koffie! Wel, ons moes dit toe natuurlik gaan beproef en ja, dit was heel lekker!
I see you baby!!! |
Sê Cheese! |
Die kinders het elkeen 'n smiley face koekie vir breakfast poeding gekry - ja, kyk ons is mos darem op vakansie!! |
En na die lekker bene rek en ontbyt stop het ons weer die pad aangedurf Victoria toe....
No comments:
Post a Comment