Voor ons by Pt Lonsdale aangekom het, het ons eers gestop vir middagete in Queenscliff (http://en.wikipedia.org/wiki/Queenscliff,_Victoria) - die buurdorp van Pt Lonsdale. 'n Regte "fish&chips" sommer so op die gras gesit en eet!
Ons het by ons Aussie vriende (Sarah & Justin) se familie vakansiehuis in Pt Lonsdale (http://en.wikipedia.org/wiki/Point_Lonsdale) tuis gegaan. Die laatmiddag het ons net afgestap strand toe (hulle huis is seker so 200meter van die strand af) - en net gaan loer hoe dit daar lyk. Maar die gety was so hoog en erg dat die branders skoon vir Hugo (hulle seuntjie van 2) omgestamp het! Maar natuurlik het dit nie eers vir Ruan gekeer om sy voete nat te maak nie!!!
Tuesday, May 10, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment