Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, June 30, 2012

Scuba @ Shelly's

So rukkie terug - toe die water nou al goed koud is vir swem - het Etienne so bietjie lus gekry vir snorkeling doen.  Grou hier en krap daar en siedaar - uit kry ons die duikpakke wat ons jaar toet al gekoop het!  Jong, wat 'n gelag en geproes en gepoep was dit om hierdie lywe van ons in die duikpakke in te wurm!  Ek het naderhand maar opgegee...daar is sekere dele van my anatomie wat net nie in die duikpak wou in nie!

Ons het vir Ruan ook 'n snorkel bril gekry - want kyk hierdie mannetjie is mos oor swem en water, nes 'n vis in die water!

Ons is toe sommer af hier na die naaste strand, Shelly Beach.  Hier is darem ook soort van 'n rock-pool waar 'n mens bietjie kan snorkel sonder dat die golwe 'n mens te veel pla.


Noodeloos om te sĂȘ, ek het nie gesnorkel nie want sonder 'n duikpak, waag ek dit nie in die koue water nie!

Bianca is maar ma-se-kind en bly ook maar weg van die koue water af.  Ons het vir haar 'n oulike sand waentjie gekry waarmee sy alte lekker rond geloop het op die strand.





Etienne help Ruan om sy duikbril reg te stel










Nadat Etienne vir Ruan bietjie gehelp het met snorkel het die mannetjie eers bietjie kom son vang om weer warm te word.  Etienne het toe heerlik rond gedobber in die water en mooi interessante see lewe en visse gesien.




Na so rukkie van speel in die son, het Ruan dit weer in die water gewaag maar nie vir lank nie.  Ek glo almal onthou van kindwees af, hoe jy speel en speel in die water, totdat jou lippe potblou is en jy bibber maar speel wil jy speel...nou ja, so was dit ook vir Ruan.  Dit raak darem nou net bietjie te koud vir swem sonder 'n duikpak!











Bibber van die koue!




Na die bietjie snorkel en speel op die strand, het ons die kite uitgehaal en so bietjie ons self vermaak met die kite.






Sunday, June 10, 2012

Visvang van die jetty af!

Die middag na ons lekker stappie die oggend het ons bietjie ingegaan dorp toe en Etienne het sommer daar van die jetty af bietjie gesit en visvang....meer om die kinders te vermaak want mens vang maar die klein ou vissies van daar af.



Ek het vir ons heerlike koffie gaan koop en vir die kinders elkeen 'n koekie waaraan hulle eers gesit en smul het.





















Dolfyne speel in die water

Ek het nou weer so biejtie in vervoering geraak met die mooi sonsondergang...








Die uitsig van die jetty af is wonderlik - om die bote so in die hawe te sien met die dat dit begin skemer raak...ai, dit bly 'n mooi gesig! Ag en heerlik toe die dolfyne sommer hier reg voor ons begin baljaar in die rustige water.  Die dolfyne was bietjie vinnig om 'n mooi foto geneem te kon kry, maar ek het darem 'n video clip gekry!




Coastal walk...

So rukkie terug het ons die coastal walk vanaf Lighthouse tot by Shelly Beach gaan stap.  Dit is omtrent so 2.7km se stappie.  Heerlike vars lug, met mooi natuurskoon, en hoe gelukkig kon ons toe ook wees om walvisse te sien!  Was bietjie moeilik om hul afgeneem te kry maar was nogsteeds 'n heerlike ondervinding om hulle te sien!







Lighthouse Beach





Wilde Tamaties...








Van die mooi plantegroei wat ons gesien het.





















'n Kookaburra wat mooi gesit het vir 'n foto

Ons local...Flynn's Beach

Hier is net so paar fotos van ons local spot...Flynn's Beach.






Etienne met sy surfboard.





Hierdie "local" van ons, is vinnig besig om een van my gunsteling plekke waar ek al was, te word!

Sunday, June 3, 2012

Ruan the Surfer Dude!

Almal weet nou al dat Ruan mal is oor swem, mal is oor die see, mal is oor die strand.  En almal weet nou al dat Etienne mal is oor surf - so dit was beslis net 'n kwessie van tyd voor Etienne vir Ruan op die surfbord laai!

So is dit ook toe nou so dat Ruan so rukkie terug sy eerste surf les van sy pa afgekry het!  Die mannetjie het darem gelyk asof hy dit geniet het.  En so sal ons hopelik later in die jaar wanneer die winter vertrek het, vir hom sal surf lesse kry by die surf skool.





Hier kry Ruan bietjie "pointers" by Etienne....


Lyk my die "pointers" het gehelp!