Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, May 12, 2011

Alle goeie dinge kom tot 'n end.....

So het Anel se kuiertjie ook tot 'n einde gekom - te vinnig!  Ons het die Vrydagmiddag bietjie Lake Albert (uitbreiding hier in Wagga waar natuurlik soos die naam aandui, 'n Lake is), toe gegaan om bietjie daar te gaan stap met die kinders.

Die kinders het sommer hulle fietsies ingelaai en ons het vir Benji saamgevat met sy loopband.  Dit was Benji se eerste keer met die loopband en dit het baie goed gegaan.

Daar was die mooiste sonsondergang - so simbolies om 'n lekker kuier mee af te sluit!

 




Die Saterdagoggend - 7 Mei - het ons vroeg opgestaan om Anel lughawe toe te neem.

Anel, baie dankie vir 'n baie lekker kuier - hoop om sommer gou weer so te maak!!!!

Zoo - Wagga Zoo

Donderdag 5 Mei het ons vir Anel Wagga Zoo toe geneem om bietjie nader kennis met 'n kangaroo te maak!  Ons het eers 'n lekker koffie gaan drink by die restaurant by die zoo en speelpark.  Die kinders het dit geniet om bietjie in die parkie te speel en ek en Anel die koffie, want dit was nogals koud die oggend!




Ons het toe kospakkies gekoop om die diere in die zoo te voer!  Anel en Bianca het veral geniet om die kangaroos kos te gee.





Ons was baie gelukkig om die mamma met
haar baba so van naby te kon sien!


Ruan het weer vooruit gehardloop en vasgehaak by die donkies!  Toe ons daar kom, kon ons sien hoekom hy ons so geroep het om te kom kyk!  Daar was 'n vulletjie - ek dink dit is wat 'n baba donkie genoem word?




Anel by 'n Lama

Anel en Bianca het "gepose" vir 'n foto of twee by die mooiste herfsblare.




Sugar & Spice...and all things nice

Sugar and Spice
And all things nice
That's what little (and grown-up) girls are made of!!!


Wel, dit verduidelik alles....ook hoekom ons vrouens ons daaglikse sjokolade of twee nodig het!  Hier in Wagga is 'n Chocolatier shop waar ons omtrent elke dag ons "kick" gaan kry het!  En ek is amper 100% seker ek kan sê dat die plek Anel se gunsteling was in Wagga!

Die plek maak die lekkerste hot chocolates - waar jy dan gewoonlik of 'n "chocolate shot" of 'n chocolate by kry!  Van gewone hot chocolate tot wit en donder chocolate gemeng - tot peppermint en chilli gegeurde chocolate!




Anel se hot chocolate met 'n
chocolate shot by

My hot chocolate met 'n chocolate by



En wat nog oulik was - hulle het "babychino's" vir die kinders wat saam met 'n marshmallow bedien word...te ougat!


Hot chocolate for a little lady....


En natuurlik sal ek nou nooit weer daar kan verby loop sonder om aan Anel te dink nie!!!
  
Tjoklit bek soentjies

Wednesday, May 11, 2011

Junee

Sondag, 1 Mei is ons deur na Junee toe - hoe sê 'n mens, sommer net so klipgooi uit Wagga uit.  Dis nou waar die Licorice & Chocolate Factory is.  En natuurlik moes ons vir die soet-tand Oliviere soontoe neem - en hier praat ek nie net van Anel nie.....

Junee is 'n lieflike plattelandse dorpie.  Ons het eers so 'n bietjie deur die dorp geloop (nie dat daar veel was nie... klein bly klein), maar daar was darem die Sunday market aan en so twee winkeltjies wat my en Anel nader gelok het.





Die Licorice & Chocolate Factory was baie...charming!  Dis seker die beste hoe 'n mens die plek sal kan beskryf.  Alles lyk oud...so asof hulle nog in jaar toet lewe.  





Ons het toe so 'n klein "toer" meegemaak - dis nou nie eintlik 'n toer as sulks nie maar daar word vir jou meer vertel van die proses van die licorice en sjokolade makery.



Ons het ook ons eie "freckles" gemaak - iets wat die kinders nogals baie geniet het.  (Ek wou die video clip laat maar vir een of ander rede wil dit net nie saam werk nie)






Dis nou hoe 'n freckle lyk as dit klaar is
Ons het toe 'n snack geeët by die restaurant - sommer so buite onder die bome - wat heerlik was.  Alles het net so 'n rustige en charming gevoel daar.  En met die mooiste musiek wat natuurlik live gesing is .....hier sal ek dat Anel bietjie meer vertel van die outjie.....*wink wink*......


Dit was 'n heerlike uitstappie....heerlik soet!