Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, July 20, 2012

Ruan Little Ninja grading


Ruan het sy karate grading gehad en het van wit belt na die volgende - geel met wit streep gegradeer!  Ons is baie trots op hom.  Hy geniet sy karate baie en wil net weet wanneer kan hy dan nou die volgende belt kry!














Skatepark!

Ons het vir Ruan 'n nuwe scooter gekoop - 'n bietjie groter ene as wat hy gehad het - sy ou ene was nog met twee wiele voor en een wiel agter - die nuwe ene is een met net een wiel voor en agter.

Jong, die mannetjie maak ons mal - wil net elke dag skatepark toe gaan!!  Etienne neem die kinders toe bietjie skatepark toe terwyl ek so bietjie rustig by die huis bly!

Port Macquarie se skatepark is baie gewild en gewoonlik baie besig, so jy moet maar sorg dat jy vroeg daar is.  Die skatepark is baie lekker geleë - langs die wandelpad by Town beach.












Ruan het dit baie geniet en gou gou meer selfvertroue gekry met sy nuwe scooter.




Pops het ook nie op haar laat wag nie!






North Brother Lookout


Ons het vir 'n heerlike uitstappie na North Brother gegaan.  North Brother is 'n "look-out" wat uitkyk oor Laurieton area - so om en by 20km vanaf Port Macquarie.


Dit was 'n heerlike sonskyn dag maar toe ons bo op North Brother kom, toe is daar darem 'n byt in die lug hoor!  En wat 'n heerlike verassing om 'n "Hot Chocolate" karavaan daar te kry.  Sommer net so 'n karavaan wat koffie en koek en ligte etes verkoop.  Noodeloos om te sê - met die koue windjie wat gewaai het, het ons sommer gou gou vir ons gaan hot chocolate koop.









Die Magpie het sy lippe afgelek vir ons hot chocolate - dis nou as hy lippe gehad het om af te lek!



En nog 'n bederfie by die mooi sonskyndag - 'n wilde Koala!  Die meneertjie het heerlik in die mik van 'n boom gelê en slaap.  Etienne het toe ook darem sy eerste wilde Koala kon sien!




Ruan en Bianca beloer die Koala


Na so rukkie het die hongerte begin knaag en het Meneer Koala gou so bietjie weggelê aan die versnaperinge!







Die uitsig van daar bo af is asemrowend!  Regtig mooi en ons was gelukkig om 'n mooi sonskyndag sonder wolke te kry.




  
  
Ons het so bietjie die area verken met 'n wandeling.  Soos die kinders gesê het...."We're in the jungle, baby!"












Tuesday, July 3, 2012

Skud jou biscuit!!

Ruan het na sy eerste skool-sokkie (disco) gegaan!  Die skool het die Vrydagaand 'n disco vir die kinders gehou en die Kindergarten kinders het eerste kans gehad vir lekker jol en dans voor die res van die skool opgedaag het vir hulle beurt - alhoewel daar klaar 'n paar groter kinders was wat kon help ogie gooi oor die kleiner kinders.

Jong, was hierdie kinders vir jou opgewonde!  Dae voor die tyd is daar oor en weer gevra of jy gaan kom disco of nie!



Ruan het te sexy gelyk...die ou hartebreker!  En hy het te heerlik saam met sy maats gedans.  Jong die "moves" wat die jong klomp darem uitgehaal het...!!!  Het my laat wonder of ek ook so gelyk het op my skool-sokkies!


Hulle het tot die Macarena gedoen.  Daar was "glow-in-the-dark" armbande te koop en die snoepie was ook oop vir verversings! 






'n Heerlike Rock and Roll aand vir die kinders.

Etienne, die visserman!

Etienne het saam met 'n paar ouens van werk bietjie gaan diepsee hengel doen....'n eerste vir Etienne!  Jong, die grote man ly mos aan 'n ding genaamd...motion sickness!  So ons het sommer geweet die kans is daar dat Etienne op die wiegende boot dalk kan nonsens maak en ekstra kos vir die visse gaan gee.  Ons het toe maar voorsorg getref en by die apteek pilletjies gekry wat help met motion sickness.

Die klomp manne is dou voor dag weg...gewapen met koffie en natuurlik versnaperinge vir later!  Net jammer die weer het nie juis saam gespeel nie, dit was maar 'n baie nat uitstappie.

Dit was 'n heerlike uitstappie en Etienne het dit baie geniet.  En gelukkig kon hy darem sy koffie en ontbyt vir homself hou en nie vir die visse gee nie, danksy die voorsorg vir die motion sickness!






Die een ou, Ben het 'n klein haai gevang

Hulle het heelwat vis gevang en na die tyd is die vis opgedeel tussen die klomp manne.  Etienne het vir ons lekker aandete kom maak met van die vis wat hy huis toe gebring het.







Saturday, June 30, 2012

Them wave, them wave, them tidal wave!!!

Nou ja, sal nie sê dit was tidal waves nie maar goeie genugtig vir groentjies van Middelburg wat nou langs die see woon was hierdie ongewone groot branders ...amper iets soos tidal waves!  Gewoonlik wissels brander hoogtes hier rondom 1m tot en met 2.5meter maar met hierdie ongewone branders het hulle gemeet tot en met 6meter hoë branders!


Lighthouse Beach


Jong, was hierdie hele Port Macquarie nuuskierig oor hierdie branders.  Al was dit koud en nat en baie windering, het daar baie mense hierdie weer trotseer om hierdie branders te gaan besigtig...so ook die 4Oliviere!







Die kamera het nou eintlik nie kon weergee wat ons gesien het nie maar al wat ek kan sê is SJOE!!!  'n Mens het sommer hier van die bult af 'n prentjie in jou gedagtes kon vorm hoe die skepe in die oop see moet voel met 'n storm op see!  Een plek waar ek nie graag sal wil wees nie hoor.

Lighthouse