Ek was in kantoor toe en het my weekly calcs klaar gemaak. Daarna was ek en Bernadette uit vir 'n heerlike ontbyt. Terug kantoor toe vir 'n ruk en toe gaan speel ek 'n paar rondtes gholf. Ek leer maar nog met die moer-en-soek.
By die huis gekom vroeg middag en toe saam met die kinders parkie toe gegaan (meer oor ons parkie later). Ruan het tot vir 'n swem in die dam gegaan (teen die parkie). Anel het oorgekom met pressies en chinese. Yummie! Bernadette het die lekkerste appeltert gemaak, asook aarbeie, roomys en meringue wat ons verorber het terwyl ons 'n movie gekyk het. Hier's net so 'n paar foto's... (kliek op enige foto om dit groter te maak)
Wie wil nou pose vir foto's terwyl die water wag?
Gooi hulle in!!
My Angels!!
My njammies...
Kyk my lekka hemp!!
Chinese is ons favourite...
En dit sluit my derde laaste dag van werk(?) af...
Hi Lovey,
ReplyDeleteBly jy het jou birthday geniet...dit was 'n lekker dag nê! Van ontbyt tot aandete...met njammies tussenin! Nice fotos!!!! xxxxx B!