Hier's is 'n link na 'n brief van iemand wat min of meer dieselfde vraag moes beantwoord. Dis wel sy opinie en almal se ervaring sal sekerlik verskil, maar dit bly tog baie insiggewend. Kliek net hier: http://pitkos.blogspot.com/2008/04/is-dit-die-moeite-werd-om-alles-te-los.html
Daar's so baie redes hoekom, dat dit makliker is om vir mensself te vra hoekom nie. Hier's net 'n paar redes hoekom, want alles sal ek tog nie kan lys nie.
- Ons het die geleentheid nou gekry - op 'n skinkbord nogal - met 'n groot maatskappy wat ons oor vat met ons trek. Hulle betaal alles, insluitende ons eerste maand se verblyf, private medies (daar is mos medies ingesluit by jou belasting), die kinders se skoolgeld vir die eerste 2 jaar (want ons is nog nie permanent residents nie en kwalifiseer daarom nog nie vir 'free schooling' nie) en natuurlik al die visas.
- Ons kinders sal 'n beter toekoms daar hê. Mense kan nou sê wat hulle wil, maar dit bly 'n feit. Hulle sal nie oor hulle velkleur geoordeel word nie. In SA sal 'n swart werknemer altyd voorkeur kry ongeag van sy intellegensie of hoe hard hy kan werk. My kinders gaan moet bly jammer sê vir 'n verlede waarvan hulle niks eers weet nie - nie eers ek was oud genoeg om te stem daarvoor nie.
- Die polisie kan nie eers stakende werkers uit ons skole hou nie. In Witbank het hulle tot by die (meestal) blanke kleuterskole gaan moeilikheid maak met nou die dag se strikes. In Middelburg is laerskool kinders met hul lewens gedreig. Waar is hulle reg om in vrede skool te gaan?
- VEILIGHEID. Ek het my wapen ingehandig met die nuwe lisensie wette omrede ek nie dink dit my gaan beskerm teen 'n onverwagste aanval nie - die kans is groter dat een van die kinders dit in die hande kan kry. Ek slaap met 'n klein byl langs my en Bernadette met 'n 'tazer'. Dis nie veronderstel om normaal te wees nie.
- Ons sal nou as familie kan gaan stap in die aande en naweke bietjie uit in die bos kom. Ons is lief vir buite wees, maar nêrens (nie by ons nie) is dit veilig genoeg om net sommer uit te vaar nie.
- Mense in die algemeen (wit en swart) in SA ry soos hulle wil. Ja, ek is ook skuldig hieraan. Maar dit gaan lekker wees om te weet my kinders kan skool toe fietsry sonder om te vrees dat iemand 'n stop straat gaan skip en hulle doodry.
Dis nie so 'n moeilike keuse soos wat baie dink nie...
Stem 100% saam. So dan ook hoekom een voet reeds oorsee sit. Sien julle daai kant!
ReplyDeleteEk Stem!!!
ReplyDeleteSou watwou gee vir so n geleentheid!!
Groete
Jo- Ann