Ons het laasnaweek (20 & 21 November ) in Pretoria by Bernadette se ouers gaan kuier. Die kinders het lekker gespeel want in die agterplaas is omtrent speelplek vir 'n kind! Van vroteier, hammer-spyker - en lekker klouter om die jungle-gym.
Hamer Spyker...
Vroteiertjie!!
Die Sondag het Owen en Jolanda deurgekom - Marli was al daar van die Vrydagaand af - en het ons so 'n paar tjoppies op die braai gegooi! Die tjoppies en die slaaie het gesorg vir 'n lekker sondag-middag-maal!
Ongelukkig moes ons die kuiertjie kortknip, want ons het nog baie pakwerk gehad voor die treklorrie die volgende Woensdag sou kom.
No comments:
Post a Comment