Gister was ons eerste dag na die hele trek en huis skoonmaak wat ons bietjie kon ontspan. Ons het 2 pakkies waterballonne gekoop en sommer lekker met die kinders gespeel. Ouma en Nella het lekker deurgeloop onder (water) vuur!
Te fraai in my nuwe rokkie!
Koes!! Hier kom die waterballon!
Daarna is ons in die swembad in en kon ons natuurlik nou nie weer vir Ruan uitkry nie. Dis was ook sy 1ste keer wat hy heeltemal kop onder water geduik het. Hy het ook ontdek hy is nou net-net lank genoeg om op sy tone in die vlak kant van die swembad te loop en was baie in sy noppies daaroor!
Demmit dis lekker!!
Net voor die titanic gesink het...
Daar was nie tyd vir uitklim om te eet nie...
No comments:
Post a Comment