Ons nader die einde van Ruan se swemlesse hierdie termyn. Hy geniet dit vreeslik en vorder baie goed. Hulle het al hulle sertifikate vir hierdie termyn gekry...en Ruan was alte trots!
Geluk Gogga-bom en volgende termyn gaan net so baie pret wees!
Thursday, March 31, 2011
Olivier Fishing Trip....(Part 1)
Ons het Sondag so bietjie gaan visvang by Oura beach (in die "middle of nowhere"!!) en soos die naambord vir Oura ook aandui...."Somewhere on the Murrumbidgee". Daar word nou wel van Oura beach gepraat maar in werklikheid is dit maar net 'n rivier met 'n lekker rivierwal met "seesand".
Ons het die kinders so opgewonde gehad oor die visvang trippie.... en het hulle dit nou behoorlik geniet! Wat meer kan 'n kind vra....water, sand, son!!!
Die twee grootmense het net so 'n lekker tyd gehad.
Etienne het die rustigheid van die water en visvang net so geniet en ek het hom maar laat speel met die wurms en dinge....(eeewww).... Ek het myself geniet met 'n lekker scrapbooking tydskrif en om "Mamarazzi" te speel!
MAAK SEKER JULLE HET GENOEG DATA BESKIKBAAR OM VIDEO CLIPS TE KYK!
Etienne het 'n "visvang les" vir Ruan gegee en daarna was Ruan...A-for-Away! Ruan & Bianca het nogals soos gesoute vistermanne hulle stoeltjies tot in die water gedra en gesit en wag vir die groot vangs!
Olivier Fishing Trip.....(Part 2)
Ruan se eerste vis.....hoora! Was die meneertjie darem trots op sy vis wat hy gevang het....voordat Daddy 'n vis kon vang! Hy het so uitgesien na die visvang trippie dat sy opgewondheid beloon is deur 'n vis te vang!
Snack Time!!!
Bianca gee hier nuwe betekenis aan "beach bum"
ONTHOU OM VIDEO CLIPS TE KYK GEBRUIK DATA....MAAK SEKER JULLE HET GENOEG DATA VOOR JUL DIE VIDEO CLIPS KYK.
Sjoe, het jy daai groot vis gesien??? |
Ruan se tweede vis!!! Ruan (2) Daddy (0)
Wednesday, March 30, 2011
Heeha...Howdy Cowboy!!.....(Part 1)
Hier was Rodeo in Wagga - Saterdag 26 Maart 2011! Ons was so opgewonde oor die rodeo en was dit nou regtig 'n baie lekker uitstappie! Ons ou boertjies is mos nie gewoond so iets sien nie! Ons was sommer al vroeg middag daar en die rodeo het tot laat aand aangehou...
Etienne & Ruan het gaan loer na die perde en die bulle in die kampe.
Ons het nou behoorlik die rodeo meegemaak met cowboy hoede en lekker gesmul aan die lekkernye wat hulle verkoop het....fairy floss of soos ons dit ken, spookasem!
ONTHOU ASSEBLIEF DAT VIDEO CLIPS DATA GEBRUIK OM DIT TE KYK....MAAK SEKER JULLE HET GENOEG DATE ALVORENS JULLE VIDEO CLIPS KYK.
Hier word ons nou gewys hoe 'n bul nou eintlik getackle word....
Heeha...Howdy Cowboy! ...(Part 2)
Die kinders het die perde en bulle ook baie geniet en het lekker gespeel in die grond! Ons het nogals goeie "front row" seats gehad, so kon al die aksie mooi ervaar - behalwe nou vir die "fencing" wat so bietjie in die pad was.
ONTHOU OM GENOEG DATA BESKIKBAAR TE Hê VOOR VIDEO CLIPS GEKYK WORD!!!
Al die Cowboys was nou nie so gelukkig nie en was daar die een of twee wat die volgende dag maar 'n bietjie seer sou hê.... Soos die een ou wat se arm vasgehaak het en die ander een wat onder die perd se pote beland het...
Die Oliviere het regtig hierdie uitstappie geniet!
Tuesday, March 29, 2011
G'day Mate...!!
Jong, hierdie Aussies het darem 'n sê-ding vir alles...en 'n mens moet omtrent byhou of mooi luister om nou presies te weet wat hulle bedoel! Gelukkig is dit nog nie soos die Iere wat 'n mens geen sout of water kan verstaan nie....veral na 'n paar rondtes by die pub!
Het ek nou lekker gelag toe ek hoor 'n mens kan "Aussie Slang Dictionaries" koop! Ja, daar bestaan sulke goed!!!
Ek het sommer so 'n bietjie op die internet rondgekrap vir 'n paar en gedink ek deel dit met julle.
Geniet hierdie en as julle kans sien vir nog slang gaan loer by: (http://alldownunder.com/australian-slang/dictionary-phrase.htm), http://www.australiatravelsearch.com.au/trc/slang.html.
Het ek nou lekker gelag toe ek hoor 'n mens kan "Aussie Slang Dictionaries" koop! Ja, daar bestaan sulke goed!!!
Ek het sommer so 'n bietjie op die internet rondgekrap vir 'n paar en gedink ek deel dit met julle.
Geniet hierdie en as julle kans sien vir nog slang gaan loer by: (http://alldownunder.com/australian-slang/dictionary-phrase.htm), http://www.australiatravelsearch.com.au/trc/slang.html.
- Meaning: someone is not trying hard enough and you want them to. Example: Av-a-go-yer-mug. It really easy to do.
Av-a-go-yer-mug
- Meaning: dreaming. Example: She's not listening. She's in love and away with the pixies.
Away with the pixies
- Meaning: man's suit. It's an example of Aussie rhyming slang. Example: He went to the meeting in his new bag of fruit.
Bag of fruit
- Meaning: you are asked stop talking, be quite, in a angry way. Example: Oh! Belt up. You're getting me mad.
Belt up!
- Meaning: that's the truth Example: Bloody oath it is.
Bloody oath
- Meaning: if you do this (whatever is said first) it will work or be OK. Example: Just add some extra water and Bob's yer uncle.
Bob's yer uncle
- Meaning: that's great friend. Example: That's bonzer mate. I'm happy for you.
Bonzer mate!
- Meaning: make a U-turn. Example: Chuck a U-e mate, the pubs the other way.
Chuck a U-e
- Meaning: open a can of cold beer Example: Come over to my place and we'll crack a tinnie.
Crack a tinnie
- Meaning: true, genuine. Example: Jack is a dinky-di Aussie all right..
Dinky-di
- Meaning: you are getting very angry, losing your head. Example: Peter is out doing his block 'cause his wife pranged the car.
Doing your block
- Meaning: Don't upset yourself. Example: Don't get your knickers in a knot. She'll be right, mate.
Don't get your knickers in a knot
- Meaning: give me a fair go. Example: Fair crack of the whip! I only just started.
Fair crack of the whip!
- Meaning: someone really genuine. Example: Peter is fair dinkum. You can trust him.
Fair dinkum
- Meaning: what you say when someone is not letting you do or say something. Example: Fair go mate. I know I can do it.
Fair-go mate!
- Meaning: statement you make when someone is not letting you do or say something. Example: Fair suck of the sav, mate. How about shutting up and listening.
Fair suck of the sav
- Meaning: in the middle of nowhere Example: He wants to go camping 50 k's south of Woop Woop. (You can use any number for the distance.)
Fifty k's south of Woop Woop
- Meaning: going very fast what ever they're doing. Example: He is going flat chat and he'll be finished in half the time.
Flat chat or flat out
- Meaning: drunk or eaten to the excess. Example: That was a great meal. I am full as a goog.
Full as a goog
Thursday, March 24, 2011
Come and try Playgroup
Woensdag, 23 Maart, het Playgroup NSW 'n soort van ope dag gehad. Hierdie week is dit mos Nationale Playgroup week hier in Australia - so dit was seker gepas om 'n ope dag ook te hê.
Ons ope dag is gehou by 'n ander playgroup - Lake Albert - waar hulle aktiwiteite vir die kinders gehad het - van jumping castle, petting zoo en play dough saam met ander crafts.
Bianca was maar skrikkerig vir die lamas en die skaap met die lammetjie - maar het sy nou die hasies geniet! Sy het vir hulle kossies (gras) deur die heinding gegee en selfs een bietjie "gecuddle" - vasgehou!
Ruan was weer gaande oor die eendjies - maar het ook so bietjie lig geloop vir die lamas! Hy het darem so bietjie moed bymekaar geskraap en die een lama gaan vryf.
Ons ope dag is gehou by 'n ander playgroup - Lake Albert - waar hulle aktiwiteite vir die kinders gehad het - van jumping castle, petting zoo en play dough saam met ander crafts.
Die twee karnallies het dit baie geniet - reguit soos 'n pyl uit 'n boog na die jumping castle toe! Ek moes hulle omtrent soebat om na die diere te kom kyk - en toe hulle eers weer by die diere is, kon ek hulle skaars daar wegkry!
Bianca was maar skrikkerig vir die lamas en die skaap met die lammetjie - maar het sy nou die hasies geniet! Sy het vir hulle kossies (gras) deur die heinding gegee en selfs een bietjie "gecuddle" - vasgehou!
ONTHOU: VIDEO CLIPS GEBRUIK DATA OM TE KYK, MAAK SEKER DAAR IS GENOEG DATA BESKIKBAAR OM CLIPS TE KYK.
Ruan was weer gaande oor die eendjies - maar het ook so bietjie lig geloop vir die lamas! Hy het darem so bietjie moed bymekaar geskraap en die een lama gaan vryf.
O, Boere.....Wors!!!
Ja kyk, so klou 'n mens maar aan jou eie dinge...van potjiekos, biltong maak tot by ou Ryperd van Dozi of ou Boereplaas....en daar maak Etienne toe ook sy eie boerewors! G'n wonder hy kry al die bynaam "butcher" nie....!!!
Was dit nou 'n gedoente hoor, vir groentjies soos ons! Maar ek moet sê Etienne het sy lyf goed "butcher" gehou en siedaar....boerewors! Ons het vir ons 'n "mincer" gaan koop en vleis, speserye en al die "goeters" wat jy nou nodig het vir wors maak.
Etienne het toe die mince (vleis wat hy verwerk het deur dit deur die mincer te sit) reggekry - wat nogals 'n langdradige storie is - of is dit nou maar net vir onse ou groentjies wat dit nou die eerste keer was.
Was dit nou 'n gedoente hoor, vir groentjies soos ons! Maar ek moet sê Etienne het sy lyf goed "butcher" gehou en siedaar....boerewors! Ons het vir ons 'n "mincer" gaan koop en vleis, speserye en al die "goeters" wat jy nou nodig het vir wors maak.
Etienne het toe die mince (vleis wat hy verwerk het deur dit deur die mincer te sit) reggekry - wat nogals 'n langdradige storie is - of is dit nou maar net vir onse ou groentjies wat dit nou die eerste keer was.
Toe het hy die volgende dag die stoppery gedoen - hier moet ek nou eintlik sê - dat die eindproduk soveel meer "appetizing" (aanlokliker) lyk as die maak van die wors. Maar nou ja, hoe sê hulle, beggars can't be choosers!!!!
Die eindproduk was 'n geslaagde poging....'n Boeretroos so waar....boerewors, biltong en hierdie naweek se spyskaart....droë wors!
Fire brigade visits playgroup!!!
Sjoe, was dit darem nou 'n opgewondenheid in die Olivier huis met die vooruitsig dat die Fire truck die speelgroep gaan kom besoek!! Ruan was vroeg-vroeg uit die vere uit - arme Ma wou nog so 'n bietjie skuins lê maar nee.....fire truck kom!!!
ONTHOU: OM VIDEO CLIPS TE KYK, GEBRUIK VAN JUL DATA. MAAK SEKER JULLE HET GENOEG VOOR JULLE CLIPS KYK.
Ongelukkig moes Ruan 'n stukkie plaas koop net voor die fire truck daar aankom, toe was hy so bietjie "uit sy kemeur" - soos 'n mens sal sê. Maar darem nogsteeds opgewonde. Hy wou toe net nie met soveel entoesiasme aan die bedrywighede deelneem nie. Hy het hom gaan sit maak op die agterste sitplek van die fire truck, hom ewe vasgegespe! Bianca het darem bietjie gaan uittoets hoe die fire truck bestuur!
Bianca was heel avontuurlustig en het ewe die "waterhose" gaan spuit! Natuurlik was dit vet pret om Ma by te kom met die water!
Ek dink wat die kinders die meeste geniet het was om die sirene van die fire truck te hoor.
Dit was 'n heerlike dag en aangesien die kinders almal nog te klein is vir die gewonde "fire safety talk" het die brandweermanne maar net dat die kinders so 'n bietjie rondloer in en om die fire truck - en ook met die water gespeel.
Subscribe to:
Posts (Atom)