Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, March 24, 2011

Fire brigade visits playgroup!!!

Sjoe, was dit darem nou 'n opgewondenheid in die Olivier huis met die vooruitsig dat die Fire truck die speelgroep gaan kom besoek!!  Ruan was vroeg-vroeg uit die vere uit - arme Ma wou nog so 'n bietjie skuins lê maar nee.....fire truck kom!!!

ONTHOU:  OM VIDEO CLIPS TE KYK, GEBRUIK VAN JUL DATA.  MAAK SEKER JULLE HET GENOEG VOOR JULLE CLIPS KYK.




Ongelukkig moes Ruan 'n stukkie plaas koop net voor die fire truck daar aankom, toe was hy so bietjie "uit sy kemeur" - soos 'n mens sal sê.  Maar darem nogsteeds opgewonde.  Hy wou toe net nie met soveel entoesiasme aan die bedrywighede deelneem nie.  Hy het hom gaan sit maak op die agterste sitplek van die fire truck, hom ewe vasgegespe!  Bianca het darem bietjie gaan uittoets hoe die fire truck bestuur!




Bianca was heel avontuurlustig en het ewe die "waterhose" gaan spuit!  Natuurlik was dit vet pret om Ma by te kom met die water!


Ek dink wat die kinders die meeste geniet het was om die sirene van die fire truck te hoor.

Dit was 'n heerlike dag en aangesien die kinders almal nog te klein is vir die gewonde "fire safety talk" het die brandweermanne maar net dat die kinders so 'n bietjie rondloer in en om die fire truck - en ook met die water gespeel.

No comments:

Post a Comment