Ons ope dag is gehou by 'n ander playgroup - Lake Albert - waar hulle aktiwiteite vir die kinders gehad het - van jumping castle, petting zoo en play dough saam met ander crafts.
Die twee karnallies het dit baie geniet - reguit soos 'n pyl uit 'n boog na die jumping castle toe! Ek moes hulle omtrent soebat om na die diere te kom kyk - en toe hulle eers weer by die diere is, kon ek hulle skaars daar wegkry!
Bianca was maar skrikkerig vir die lamas en die skaap met die lammetjie - maar het sy nou die hasies geniet! Sy het vir hulle kossies (gras) deur die heinding gegee en selfs een bietjie "gecuddle" - vasgehou!
ONTHOU: VIDEO CLIPS GEBRUIK DATA OM TE KYK, MAAK SEKER DAAR IS GENOEG DATA BESKIKBAAR OM CLIPS TE KYK.
Ruan was weer gaande oor die eendjies - maar het ook so bietjie lig geloop vir die lamas! Hy het darem so bietjie moed bymekaar geskraap en die een lama gaan vryf.
Dis die mooiste fotos ooit!! My hart raak klein klein van groot verlange! Wonderlik dat die kids so baie goedjies kan doen, sien, en ervaar! Nxxxxx
ReplyDelete