Was dit nou 'n gedoente hoor, vir groentjies soos ons! Maar ek moet sê Etienne het sy lyf goed "butcher" gehou en siedaar....boerewors! Ons het vir ons 'n "mincer" gaan koop en vleis, speserye en al die "goeters" wat jy nou nodig het vir wors maak.
Etienne het toe die mince (vleis wat hy verwerk het deur dit deur die mincer te sit) reggekry - wat nogals 'n langdradige storie is - of is dit nou maar net vir onse ou groentjies wat dit nou die eerste keer was.
Toe het hy die volgende dag die stoppery gedoen - hier moet ek nou eintlik sê - dat die eindproduk soveel meer "appetizing" (aanlokliker) lyk as die maak van die wors. Maar nou ja, hoe sê hulle, beggars can't be choosers!!!!
Die eindproduk was 'n geslaagde poging....'n Boeretroos so waar....boerewors, biltong en hierdie naweek se spyskaart....droë wors!
No comments:
Post a Comment