Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, March 31, 2011

Olivier Fishing Trip....(Part 1)

Ons het Sondag so bietjie gaan visvang by Oura beach (in die "middle of nowhere"!!) en soos die naambord vir Oura ook aandui...."Somewhere on the Murrumbidgee".   Daar word nou wel van Oura beach gepraat maar in werklikheid is dit maar net 'n rivier met 'n lekker rivierwal met "seesand".


Ons het die kinders so opgewonde gehad oor die visvang trippie.... en het hulle dit nou behoorlik geniet!  Wat meer kan 'n kind vra....water, sand, son!!!



Die twee grootmense het net so 'n lekker tyd gehad.

Etienne het die rustigheid van die water en visvang net so geniet en ek het hom maar laat speel met die wurms en dinge....(eeewww).... Ek het myself geniet met 'n lekker scrapbooking tydskrif en om "Mamarazzi" te speel!

  

MAAK SEKER JULLE HET GENOEG DATA BESKIKBAAR OM VIDEO CLIPS TE KYK!

 

Etienne het 'n "visvang les" vir Ruan gegee en daarna was Ruan...A-for-Away!  Ruan & Bianca het nogals soos gesoute vistermanne hulle stoeltjies tot in die water gedra en gesit en wag vir die groot vangs!


  


 
  

No comments:

Post a Comment