Hier is net so 'n paar random pics van die kinders en van waar ons bly...
Monday, December 20, 2010
Geseënde Kersfees & Voorspoedige Nuwe Jaar
Vir almal wil ons 'n Geseënde Kersfees en 'n baie voorspoedige 2011 toewens. Mag hierdie feesseisoen vir almal vol liefde, vreugde en alle goeie seënwense wees.
Ons hoop dat 2011 'n besondere jaar vir almal sal wees.
Geniet elke oomblik hierdie feesseisoen.
Baie liefde & groete
xxxx

Oasis Indoor Swim Park
Sjoe, voel of ek omtrent lanklaas laat weet het hoe ons hier in Wagga insettle!
Verlede week het ek die kinders na 'n indoor swim park geneem - die plek se naam is Oasis. Het hulle dit nou geniet hoor!!! Ek moes omtrent allerhande beloftes maak om hulle net daar weg te kry - want toe is dit al 16:30 in die middag en ek moes nog vir Etienne 'n hemp gaan koop en kom kos maak het!
Hier is so 'n paar fotos van toe ons daar gespeel het. Ek het 'n video ook geneem van hoe die plek van binnekant lyk maar ek sal dit later post (ek het so bietjie hulp van Etienne nodig om die clip te download!)

Monday, December 13, 2010
Ons local park
Hoe ry die boere sit-sit so.....
Ons het vandag ons motor gekry....!!!! Wel, ek moet sê ons het nie eintlik gesukkel sonder vervoer nie aangesien ons vandat ons hier geland het, 'n car rental gehad het.
Ons het die hele "kar-soek" ding gedoen verlede week - omtrent na elke car-dealer toe gegaan en het toe op die ou einde besluit op die Toyota Camry. Soos die spreekwoord sal gaan...waarde vir geld! Ons het 'n goeie deal gekry en verder het alles heel goed afgeloop.
Etienne het vanmiddag na werk die kar gaan kry, waarna ons vir die eerste keer 'n entjie gaan ry het - sommer bietjie by die dorp uit, om so ook bietjie van die "countryside" te sien.
Langs die pad het ons toe heel toevallig 'n troppie Kangaroos gesien!! Ja, ons eerste kangaroo spotting! Ruan het dit omtrent geniet (weet nie hoeveel hy van die Kangaroos gesien het nie, want dit was nogals 'n entjie weg die veld in). Ons moet nou net die heel tyd die Kangaroos soek.

Saturday, December 11, 2010
Settling In
Hierdie week was maar taamlik besig en deurmekaar.
Ons het gesukkel - sukkel maar nogsteeds - met die aanpassing met die tydverskille! Die kinders se klokke was omtrent deurmekaar.... gaan slaap eers 10uur/11uur in die aand, dan weer wakker tussen 1uur en 3uur en dan slaap hulle tot 10uur in die oggend. Gelukkig begin dit nou beter gaan en lyk dit of ons hulle darem weer binnekort in 'n gewone slaappatroon sal kan kry.
Ons het hierdie week ook 'n bankrekening oopgemaak, gekyk na 'n kar, deur die woonbuurte gery en al daai dinge om ons voete net te help vind.
Etienne was gister op induksie en het gisteraand saam met sy nuwe kollegas 'n paar biere gaan drink.
Ons het baie gesukkel met internet konneksie - die woonstel waar ons bly kan jy - ten duurste natuurlik - internet konneksie kry, maar dit was ongelooflik stadig. Ons het toe gister ook vir ons 'n modemstokkie gekry, (soos die wat ons in Suid-Afrika kry). Wat 'n verandering - waar ons gesukkel het met skype en om die blog te update - kan ons nou lekker agteroorsit en selfs met 'n lekker beker koffie sit en gesels/update!!
Nou ja, laat ons eers die dag begin. Gou die kinders kos gee en aantrek voordat ons weer die strate invaar!
Tot volgende keer
xxx

Dis nou 'n parkie!!
So met ons verkennigstogte deur die dorp kom ons toe op hierdie parkie af - net buite die Botaniese Tuin en Dieretuin. Ai, en toe die kinders dit raaksien moes ons natuurlik eers gaan speel. Wat 'n lekker speelplek vir kinders! Die kinders het dit baie geniet.
Wat baie oulik is, orals waar jy loop en waar jy miskien kan val, is die grond uitgelê met 'n "sponsagtige" bedekking.
Daar is allerhande speelgoed om die kinders mee besig te hou... swaaie, jungle gym, 'n maze en tot 'n foefie slide wat Ruan uitgetoets het!
Wheee....lekker foefie-slide!!

Ons is hier!
Sjoe... wat kan ons sê! Na die vlieg goed afgeloop het is ons nogtans bly om weer moederaarde onder ons voete te voel! In Sydney aangekom, moes ons eers ons tasse gaan kry en deur Customs gaan. Toe moes ons weer ons tasse inboek en is toe met 'n bus na die volgende terminaal geneem waar ons toe 'n kleiner vliegtuig gekry het vir die vlug deur na Wagga Wagga!
Dit was nogals 'n gesig om te aanskou daar vanuit die lug toe ons oor Wagga Wagga area vlieg...die klomp vloedwaters! Ja, ons kom toe in die middel van 'n vloed hier aan. Gelukkig waar ons is in Wagga is dit veilig.
Ons het so 8uur die aand se kant in Wagga aangekom - toe skyn die son nog! Dit word eers hier nader aan 8:30 skemer.
David en Kathy hulle het ons op die lughawe ontmoet. Vandaar het ons 'n car-rental geneem. So in die vreemde lyk alles darem deurmekaar, maar gou het ons begin ons voete kry.
Ons is op die oomblik in tydelike akkommodasie - amper soos 'n selfcatering woonstel by die see (of so voel dit)!
Een oggend vroeg hoor ons darem 'n snaakse geluid hier buite ons woonstel....toe ons uitkyk, sien ons wilde pappegaaie rondvlieg en hulle kom tuismaak hier in 'n boom. Volgens die locals hier...is hulle (pappegaaie) ook locals! Ja, blykbaar vlieg hulle wild rond hier. Die wat ons gesien het is die wit 'cockatoo' met die geel kuif en dan het ons ook al 'n pienkbors pappegaai gesien, wat baie lyk soos die African Grey pappegaai.

We're leaving on a Jetplane....
Ja, en toe is die tyd hier vir die groot trek - tasse gepak en geweeg (en vir veiligheidsdoeleindes sommer gewrap ook!). Ons het die oggend 'n lekker familie (Oliviere) ontbyt gaan geniet by 'n lekker gesellige koffieshop in Middelburg, waarna ons deurgery het Pretoria toe om die ander familie (Saaymans) te gaan groet.
Anel het ons toe deurgeneem lughawe toe. Die kinders was opgewonde oor die groot vliegtuig ry...soos Ruan sê! Hulle het elkeen hulle eie handbagasietas gehad...met wielietjies en al sodat hulle dit kon trek.
Die tasse inboek het baie goed afgeloop en daarna het ons almal gaan pizza eet voordat ons vir Anel gegroet het en deurgegaan het om te board.
Die kinders het dit vreeslik geniet om te kyk na die Groot Vliegtuie!

Hulle het ook vlieg self baie geniet. Kan nie glo dat hulle so soet was op so 'n lang vlug nie. Na alles gekyk toe ons eers inklim...wat doen die knoppie, kyk hier kan jy iets oplig...daai tipe van dinge! Toe ons land en begin afklim het 'n paar mense vir ons gesê hulle kan nie glo dat sulke klein kinders op so 'n lang vlug so soet was nie! (Asof hulle - toe hulle die 2 kinders sien opklim - gedink het ...oh dear...hier gaan ons niks slaap nie!!)
Nella se vervroegde b-day!
Op ons laaste aand in Suid-Afrika (4 Desember 2010) het ons 'n lekker tradisionele braai kuiertjie gehad. Deels was om Ma Ronel se verjaardag (5 Desember 2010) te vier maar sy was olik en heeldag in die bed gewees. Toe vervroeg ons maar Anel se verjaardag-vieringe (16 Desember 2010)!
Vir Nella se verjaardaggeskenk het ons vir haar 'n spaarvarkie - waarop staan "holiday fund" gegee. Net 'n klein reminder dat sy moet spaar vir haar kuiertjie by ons in Oz! Maar toe verras Pa Ben haar met 'n vliegtuigkaartjie na ons toe as verjaardag persent.
Die kinders het vir Nella haar eerste deposito in haar holiday fund gegee!

Friday, December 3, 2010
Alles is nou gefinaliseer.
So al ons reëlings is nou getref. Ons vlieg Sondag aand die 5de Desember - op ma Ronel se verjaarsdag (jammer ma).
Ons vlieg direk Sydney toe (Sondag 17:50), land 14:50 (Aus tyd) en na 'n 4 uur stop vlieg ons Wagga Wagga toe. Ons sal 8uur die aand (Aus tyd) daar aankom.
Ons bly vir die 1ste maand by 'The Quest' - 'n 4,5 ster hotel/apartments. Nogal heel fancy - die kostes vir ons verblyf beloop net so oor die R57000! Ek hoop hulle is reg vir die Olivier monstertjies.

Subscribe to:
Posts (Atom)