Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, July 28, 2013

Bowling!

Ons het die Davidsons ontmoet by die Bowling alley vir so bietjie pret met bowling!

Dit was nogals besig veral op 'n reënerige dag - almal het seker dieselfde gedagte gehad!

Nou ja, na 'n heerlike rondte bowling het Kathy gewen en Ruan tweede gekom.  Al Ruan se oefen met sy WII het duidelik gehelp!








Die kinders kan so kontrepsie gebruik wat jy die bal opsit en dan net afstoot.







 














Nou ja, ek dink almal gaan nou wil oefen vir die "re-match"!!!

Wat 'n lekker middag om te spandeer saam met vriende.


Nuwe skool

Ruan en Bianca was vreeslik opgewonde om by hulle nuwe skool te begin en nuwe maatjies te maak.  Ruan is vir die eerste twee dae in gewonde klere skool toe - die uniform winkel het eers die Woensdag oopgemaak.

Ruan is baie in sy noppies met sy nuwe klas en juffrou.  Hy het dadelik baie goed ingeskakel en die terugvoering van sy juffrou was ook baie goed.

Bianca gaan twee maal per week skool toe.  Haar kleuterskool (Kindergarten) is deel van die Laerskool.  Hulle dra ook skool uniform en jong, was die klein madame darem nou in haar skik met die dat sy ook uniform kan dra!  En sy lyk so pragtig in haar uniform!









 

Perth Magic Show

Hoe lekker is dit om in 'n stad te bly met soveel verskeidenheid van dinge om jou mee besig te hou of te gaan sien!

As deel van die skool vakansie program het Perth 'n Magic Show vir die kinders aangebied.

Ek besluit toe om die kinders te neem soontoe.  Wat ek nie presies geweet het nie, is dit is in die middestad!  Ag genade tog mense, was ek omtrent op hol - watter jaar laas het ek in stadsverkeer bestuur en dit met twee erg opgewonde kinders in die kar wat besig is om te speel I spy with my little eyes!  Maar gelukkig het ek parkering gekry nie te ver van die plek waar die magic show gehou word nie.

Ons het vir Kathy hulle daar ontmoet en ek het besef ek was nie die enigste een wat bietjie gestres geraak het in die verkeer nie!  Gelukkig het die koffie wat ons gaan kry het ons gou gou weer reg gekry!

Daar was heelwat mense om die show te gaan kyk.  Die kinders het die klomp hase baie geniet - jy kon hulle voor die tyd bietjie van nader besigtig en so bietjie cuddle met hulle.

Die ou kulkustenaar was ook heel vermaaklik en die kinders het lekker gelag vir sy streke en toertjies.