Wednesday, July 3, 2013
Not all who wander....
Alhoewel ons omtrent rondloop - amper soos swerwers, sal party mense sê - maar vir ons is dit deel van 'n avontuur, deel van groei en deel van lewens oomblikke versamel.
Na 'n paar maande in Texas Qld neem ons die pad aan na Perth WA. 'n Paar redes wat ons hierdie pad laat loop maar ons weet dat dit alles vir die beste sal uitdraai.
Die paar maande in Texas het ons ook 'n paar dinge wysgemaak - ons kon weer rustig raak na soveel jaar van "hustle and bustle". Maar ongelukkig het die myn waar Etienne gewerk het begin ondergaan en moes ons maar na ons opsies kyk - en op die regte tyd het daar 'n aanbod gekom wat ons besluit het sal die beste wees vir ons om te neem.
So daar het ons tyd in Texas tot 'n einde gekom. Ons het Vrydag 21 Junie die laaste Texas stof van ons voete afgestof en die pad Brisbane toe geneem waar ons die naweek by ons vriende gekuier het. Die maandag 24 Junie het ons vanaf Brisbane na Perth gevlieg.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment