Ruan en Bianca was vreeslik opgewonde om by hulle nuwe skool te begin en nuwe maatjies te maak. Ruan is vir die eerste twee dae in gewonde klere skool toe - die uniform winkel het eers die Woensdag oopgemaak.
Ruan is baie in sy noppies met sy nuwe klas en juffrou. Hy het dadelik baie goed ingeskakel en die terugvoering van sy juffrou was ook baie goed.
Bianca gaan twee maal per week skool toe. Haar kleuterskool (Kindergarten) is deel van die Laerskool. Hulle dra ook skool uniform en jong, was die klein madame darem nou in haar skik met die dat sy ook uniform kan dra! En sy lyk so pragtig in haar uniform!
Sunday, July 28, 2013
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Hul lyk te pragtig fraai en deftig! Nella trots!xx
ReplyDelete