Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, July 3, 2013

Brisbane

Ons het ongelukkig nie veel van Brisbane gesien nie.  Ons het darem 'n tydjie ingeruim en Brisbane se Botaniese tuin gaan besoek - wat 'n besonderse plek!  Dit was nou 'n heerlike uitstappie en ons het dit baie geniet.

In die Botaniese tuin is ook die Brisbane Planetarium.  Daar het ons ook heerlik gaan rondloop en ook 'n vertoning gekyk - spesiaal vir die kinders waar dit gaan oor aliens (wat soos miere gelyk het) wat opsoek was na 'n planeet waar hul kon gaan vakansie hou.  Die kinders het dit baie geniet.

Hier is 'n paar fotos van ons uitstappie by die Botaniese tuin in Brisbane.











Ons het ook by die Bonsai Garden in gegaan waar Etienne in vervoering geraak het - hy het mos nog altyd 'n belangstelling in Bonsais.  As ek nou reg onthou was die oudste Bonsai al in 1957 begin.














No comments:

Post a Comment