Die kinders was weereens 'n trots op die vlug - baie soet en geduldig. Hulle het heerlik gesit en speel met hulle geskenke wat ons vir hulle gekry het spesiaal vir die vlug - 'n tablet gelaai met speletjies en movies. Ons het 'n bietjie turbulance gekry net so voor Perth - waarna Etienne genoem het dat hy net Ruan getroos het om hom so vas te gryp (hehehe) en ook waarna Etienne genoem het....hy vlieg NOOIT weer nie - so jammer mensies, lyk my julle sal maar vir ons moet kom kuier hier in Perth!
Maar eindelik veilig op moeder aarde. Alles so glad verloop, van bagasie kry, tot huurmotor kry asook ry na ons tydelike akkommodasie.
Ons motor is vanaf Brisbane op 'n trein gelaai om deur te bring na Perth. Gelukkig het Etienne se werk vir ons gereël vir 'n huurmotor met karstoeltjies vir die kinders.
Ons eerste week hier in Perth het omtrent dol gegaan - sonder enige toeris speel en verkenning doen. Ons het omtrent net rond gery van die een woonbuurt na die ander, van die een huis na die ander - opsoek na 'n nuwe blyplek vir ons hier in Perth. Eindelik het ons 'n huis gekry waarvan ons hou, en soos ons sê al die boksies tick. Ons het 'n applikasie ingegee en daarna na nog so paar ander plekke gaan kyk. Die naweek het ons darem so bietjie rondgeloop en net ontspan.
Ons het toe geslaag in ons applikasie vir die huis - ook goed want toe verneem ons, ons trek het sommer 'n hele week vroeër hier aangeland en kan ons sommer al intrek en ons nes skrop. Ons motor het ook 'n goeie paar dae vroeër hier aangeland. Die kinders was baie opgewonde toe hulle die kar agter op die trokkie sien.
No comments:
Post a Comment