Wat 'n oulike idee, en 'n pluspunt is dat die kinders geinteresseerd is in Pirates!
Dit was nogals 'n reënerige dag en daarom ook 'n perfekte dag vir so iets.
Die kinders was omtrent opgewonde en daar aangekom eers bietjie geklim en klouter op die massiewe groot ankers buite die museum.
Die kinders met hul kaarte |
Hulle het gou die slag met die leidrade en die kaart gekry en sommer gou gou vir my vertel hoe dinge werk!
Hier by die geraamte kondig Bianca kliphard aan - vir almal om te hoor....Ruan: die geraamte het ook tande weg nes jy!
En hier vind ons die "booty" (geld)
Nog 'n leidraad word gelees...
Besig om die art&craft te doen.
Dit was 'n heerlike uitstappie en kon hulle nie wag om vir Etienne hulle treasure maps te wys asook die bootjies wat hulle gemaak het nie!
lol!!, ai skoonsus, hoe lekker lag ek nou vir Bianca se onskuldige wittyness!! Wens ek saam xxx
ReplyDelete