Ons het vir die dag na Perth Zoo - weereens 'n heerlike sonskyn dag.
Ons het sommer 'n jaarlikse toegangs kaartjie gekry wat beteken ons hoef nie die hele dieretuin in een dag af te rammel nie en kan ons weer en weer kom soos ons wil.
Die kinders het dit geniet en elkeen het 'n beurt gekry om die kaptein te wees wat met die kaart rondloop en vir ons dan vertel waar ons is en waarnatoe ons oppad is!
|
Die manne geniet die Cassowary maar Bianca lyk maar skepties |
|
Cassowary kuiken |
|
Tree kangaroo |
|
Die manne geniet die mannewales van die apies |
Piekniek tyd!
No comments:
Post a Comment