Ons het bietjie Fremantle (http://en.wikipedia.org/wiki/Fremantle) en Fremantle Harbour gaan verken die naweek wat verby is.
Alhoewel die weer nie baie lekker samgespeel het nie - het ons nogsteeds 'n lekker tyd gehad. Fremantle is pragtig en herinner my baie aan 'n Europese plekkie met die uitleg en aansig van die geboue.
Die kinders het hierdie stadbeeld baie snaaks gevind - Ruan het erg skaam gekry toe ek vir hom sê om die tannie 'n soentjie te gee...
Ons het eers buite gesit op die dek maar nadat ons gesien het hoe die "aasvoëls" (see meeue) die tafel aanval nadat iemand klaar geeët het, het ons besluit om maar binne te gaan sit - waar dit ook heerlik warm was.
Ek kon darem 'n foto kry van die vraatsige voëls |
Vandaar het ons deur Fremantle geloop oppad na die bekende Fremantle markets. So langs die pad loop ons verby 'n Chocolateir winkel en hoe toe gryp 'n groot lus na warm sjokolade ons. Nadat Etienne sy mond verbrand het (van oorgretigheid miskien???) het ons dit eers laat afkoel. Maar sjoe, toe die kleine japsnoete eers die heerlike warm sjokolade proe moes ek en Etienne eers smeek vir 'n slukkie of twee (ons het sommer gedeel)!
Bianca geniet haar warm sjokolade |
Ons sal beslis weer 'n draai of twee in Fremantle gaan maak - veral ook as die weer mooi gaan wees. Daar is ook 'n paar breweries wat Etienne wil gaan besoek.
Oe dit lyk na n nella plekkie daai, d geboue, tjokkie plekkie en breweries, vat my saam seblief heehee!!
ReplyDelete