Etienne kon darem vroeg afkry by die werk om die kontrak te kom teken. Ons het ook dan ook vir ons 'n eetkamerstel gekoop, sodat daar darem iets is waarby ons kan sit en eet. Ons het ook vir Bianca 'n bed gekoop en die kleine madame is heel in haar noppies met haar nuwe bed. Ruan is ook heel ingenome om nog te wag vir die "trokkie" wat sy bed gaan bring - vir tyd en wyl moet hy maar soos mamma en pappa op 'n matras op die grond slaap.
Ons het toe die middag so teen 4uur se kant die sleutels gekry en kon toe in die huis in. Aangesien die huis nog nie skoongemaak is nie, moes ons maar vir aandete take aways kry. Ook maar goed want teen aand se tyd was ons al gedaan en nie nog lus vir kos maak nie!
Die kinders geniet die spasie wat die huis bied baie en om dinge vir hulle nog so 'n bietjie lekkerder te maak is daar tot 'n lekker sandput waarin hulle kan speel.
Die huis het maar net 'n skoonmaak gekort na 'n hele rukkie van toestaan. Gewoonlik moet die vorige huurder die plek "volgens standaarde" laat skoonmaak maar omdat ons so bietjie druk op die mense uitgeoefen het om vinniger in die huis in te kom, moes ons die huis as "skoon" afteken.
So far, so good. Elke dag gaan dinge bietjie meer seepglad en settle ons meer in. Nou moet ons skippie met ons container net kom dan gaan die plek regtig soos HUIS voel!
Geluk jong! Wanneer julle goedjies opdaag sal julle eers lekker in die huis voel
ReplyDeleteHallo julle klomp! Is jammer om te hoor dat julle nou so ver weg getrek het en ons het nie eers baai gese voor julle weg is nie!
ReplyDeleteHoop julle is sommer baie gelukkig daar en laat weet as julle kom kuier!
x