Hoe lekker om Nella hier by ons te hê en dan nog boon-op haar verjaardag hier by ons te vier, is mos 'n ekstra spesiale geleentheid.
Baie geluk Anel met jou verjaardag, al ons mooiste en beste wense vir jou vir die jaar wat voorlê!
Ons het vandag saam met Anel bietjie strand toe geloop in afwagting vir vanaand se uiteet! Die weer het mooi saamgespeel. Naderhand het die kinder probeer om Anel te begrawe in die sand en ek het toe van al 3 van hulle mermaids gemaak.
Lekker baljaar in die see en oppad terug huis toe loop 'n likkewaan toe oor die pad - heel op sy tyd en min gepla met die ander verkeer op sy pad!
Die aand het ons heerlik gaan uiteet by 'n Spaanse restaurant - en op 'n eg Spaanse manier (ja ja, hier nou nie juis 'n Boere restaurant nie en ons wou nie juis Aussie-style eet nie!!) - tapas geeët.
En geen aand se uit eet is afgesluit sonder 'n nagereg en koffie nie!
Dit was 'n heerlike aand uit en ons hoop Anel het haar verjaardag hier in Australië geniet.
Wednesday, December 21, 2011
13,14 & 15/12....Mengelmoes
Hier is so bietjie mengelmoes fotos van wat ons die afgelope dae aangevang het! Van tent bou in die sitkamer tot fiets gaan ry en parkie toe gaan, tot nog 'n dag langs die strand!
Die voor aansig van ons huis.
By Shelly Beach, loop afstand van die huis af - met 'n paar bulte ingereken!
Die voor aansig van ons huis.
By Shelly Beach, loop afstand van die huis af - met 'n paar bulte ingereken!
12/12...Bak en Brou
Handjies klap
Koekies bak
Bring die meel,
Nie te veel.
Klits die eiers gou gou
Lekker eet ons nou nou
Tyd vir lekkernye maak...Anel en die kinders bak vir ons cupcakes! Die kinders geniet dit altyd so om te bak en brou.
Hierdie keer was ou Bianca se vingers meer in die koekbeslag as enigiets anders!
En ai, tog so lekker om die bak uit te eet...ek onthou nog goed van my kinder dae af!
Verder het die kinders gesorg vir 'n lag of twee!
Subscribe to:
Posts (Atom)