Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, December 5, 2011

Countdown to Christmas!

Die kinders (en ja, ek en Etienne ook) is lekker opgewonde oor Kersfees.  Laasjaar het ons byna nie 'n Kersfees gehad nie en hierdie jaar het ons nou spesiaal 'n groot boom met die mooiste versierings gaan koop. 

Ek sit gewoonlik ons boom elke jaar op die 1ste Desember op maar hierdie jaar was ons so 'n paar dae laat.  Maar nou ja, vir so "pick-me-upper" (na alles wat November aangegaan het) het die boom opslaan nogals gesorg om almal in die "Christmas spirit" te kry!

Ai was dit nou lekker om die boom op te maak - die kinders het dit baie geniet om die mooi-moois op te hang - alhoewel hulle meer begaan is oor die persente wat Krismis Vader nog moet bring!  En o ja, Nella wat nog moet kom (darem nog net 2 slapies!!!!).  Want vandat ons vertel het Nella kom Kersfees kuier, assosieer die kinders Kersfees met Nella wat kom kuier!

Ag en nou is dit net te lekker om agteroor te sit en na die mooi boom met die liggies aan, te sit en kyk.

Santa's helpers




Tinsel Girl...adding some bling!







Van die mooi ornamentjies wat ons hier gekoop het.






Die resultaat - 1 baie mooi kersboom! 

No comments:

Post a Comment