Vandag 'n jaar terug het die 4 Oliviere hier in Down Under aangekom. Ja, vandag vier ons ons 1 jaar herdenking van die groot tog hier na Australie.
Hierdie jaar het ons omtrent baie gesien, beleef en ervaar. Daar was goeie dae, en slegte dae maar nietemin het ons hierdie jaar as 4 Oliviere saam aangegryp. Party dae het dit gevoel of ons al vir ewig hier is en ander dae het dit weer gevoel of jy jou oë knip dan is daar nog 'n paar dae verby.
Vandag, terwyl ek hier sit en gesels, en so terug kyk oor hierdie jaar wat verby is, kan ek nie glo hierdie jaar het so gevlieg nie. En dan gebruik ek ook sommer hierdie geleentheid om my "blessings" te tel.... dankie dat ons almal veilig en gesond is, dankie dat Etienne 'n goeie werk het en vir ons kan sorg, dankie dat ons 'n nuwe wêreld vir ons kinders kan wys en vir hulle meer geleenthede kan gee, dankie dat ons hierdie pad - as gesin - saam kan loop. Ek weet eendag gaan ons die vrugte pluk.
Nou ja....hier is 'n tjorts of sal ek nou sê heildronk....op ons, die 4 Oliviere, op Australie en op Suid-Afrika wat vir altyd deel van ons sal wees.
Tuesday, December 6, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment