Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, December 2, 2011

1ste keer in Port Macquarie

Ons het eerste week in November Port Macquarie toe gekom om bietjie rond te kyk en om huis te soek en te kry voor ons trek hiernatoe.  Ons wou nie ons eerste maand in tydelike akkommodasie ingaan nie alhoewel Etienne se werk vir ons 'n maand se verblyf sou reël.  Ons was laas Desember ook in tydelike akkommodasie en dit was om die minste te sê glad nie aangenaam nie - baie min spasie vir die kinders en kan ook raserig wees.  En nou ja, wie wil nou Kersfees so vier!  So ons het darem geslaag en 'n plekkie kon kry - nou kan ons heerlik kuier hierdie Desember vakansie - saam met Anel ook wat hier sal wees.

Hier is so paar mengelmoes fotos van ons tydjie die eerste paar dae in Port Macquarie!




So tussendeur al die verken van die dorp en huis soek het ons darem bietjie tyd ingeruim om die kinders beach toe te vat en het ook bietjie gaan putt-putt speel - wat 'n eerste vir die kinders was.  Nou ja, daar is toe roomys belowe vir die wenner...en soos jul kan raai, het almal toe gewen...wie wil dan nou die roomys misloop! 






Tussen 2 afsprake om na huise te gaan kyk het ons sommer gou gestop vir middagete - sommer piekniek style!






Nou ja, julle kan seker sien die wind het so bietjie gewaai, vandaar my deurmekaar kapsel!





Tyd vir bietjie speel in die sand en see!











Amper nie hierdie aksie foto gekry nie!


Hier is net 'n paar fotos van ons eerste tydjie in Port Macquarie.  Daar is nou nie fotos van Port Macquarie self nie - die sal ek bietjie op 'n latere stadium blog, wanneer ek tyd gehad het om meer fotos van die dorp en omgewing te neem.

No comments:

Post a Comment