Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, December 21, 2011

16/12... HAPPY BIRTHDAY NELLA

Hoe lekker om Nella hier by ons te hê en dan nog boon-op haar verjaardag hier by ons te vier, is mos 'n ekstra spesiale geleentheid. 

Baie geluk Anel met jou verjaardag, al ons mooiste en beste wense vir jou vir die jaar wat voorlê!

Ons het vandag saam met Anel bietjie strand toe geloop in afwagting vir vanaand se uiteet!  Die weer het mooi saamgespeel.  Naderhand het die kinder probeer om Anel te begrawe in die sand en ek het toe van al 3 van hulle mermaids gemaak.






Lekker baljaar in die see en oppad terug huis toe loop 'n likkewaan toe oor die pad - heel op sy tyd en min gepla met die ander verkeer op sy pad!
 
 
Die aand het ons heerlik gaan uiteet by 'n Spaanse restaurant - en op 'n eg Spaanse manier (ja ja, hier nou nie juis 'n Boere restaurant nie en ons wou nie juis Aussie-style eet nie!!) - tapas geeët. 


 










En geen aand se uit eet is afgesluit sonder 'n nagereg en koffie nie!



Dit was 'n heerlike aand uit en ons hoop Anel het haar verjaardag hier in Australië geniet.

No comments:

Post a Comment