Toe het ons die kinders se beloofde roomys vir hulle gekry - 'n belofte wat hulle ons beslis nie laat vergeet het nie! Ons moes dan al van die oggend toe hulle oë oopgaan hoor van hierdie roomys wat ons vir hulle gaan koop.
Verder het ons net so bietjie deur die winkeltjies geloop en toe weer huiswaarts gekeer.
Die aand het Etienne so bietjie vroeër van die werk afgekom en dit was raap en skraap en almal inprop in die bakkie vir 'n gou-gou draai op die strand! Ag wat nie eers nodig gewees vir vra of die klomp wou gaan nie, mens noem mos net "beach" dan sit hulle al klaar reg met swemklere aan en handdoek in die hand!
O ja, amper vergeet ek om te noem van hierdie voël wat 'n mens hier op die strande kry - Bianca hou niks van hierdie goed wat kompleet soos 'n kalkoen lyk. Nou ja, hierdie voëls noem 'n mens 'n Scrub Turkey of 'n Brush Turkey (http://en.wikipedia.org/wiki/Australian_Brushturkey).
Armed with the equipment! |
Anel & Bianca |
Net vir so 'n lafenissie was die uitstappie heerlik en ons almal het dit geniet.
No comments:
Post a Comment