Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, December 13, 2011

09/12 Dag 2 van Nella se kuier

Vanoggend het ons rustig klaar gemaak en eindelaas reg vir dorp toe gaan...maar oe wee, toe ons die kinders in die kar laai hoor ons net hoe Ruan sĂȘ "Watch Out!" - toe daar by sy deur is die grootste spinnekop wat ek nou in 'n lang tyd gesien het!!

Wat 'n konsternasie!!!  Almal wat vir Nella ken weet dat sy 'n "gevaarlike" gilletjie aan haar het...nou ja...daar gil sy en ek kon sweer die spinjapie het so groot vir haar gil geskrik dat hy sommer in spinnekop taal terug gegil het!

Gelukkig het Ruan kop gehou en deur geklouter na Bianca se kant toe.  Ek het toe vir Anel en die kinders een kant laat staan en toe probeer om die meneer van 'n spinnekop uit die kar te kry.  Ag en ek is ook mos nou nie juis lief vir die gedierte goeters nie en is ook maar so bietjie bang in die broek!

Ek gaan kry toe die besem om die spinnekop uit te "shoo"...ja ja...ek weet...ek bly ook maar getrou aan die "evas-geslag".

Daarsy, en die spinjaap is terug tuin toe!  Gelukkig het iemand ons nie afgeloer met 'n video kamera nie want dan was ons beslis nou op youtube!

Maar vandaar, is ons maar regtig skrikkerig om in die kar te klim - die kar word eers behoorlik beloer voor ons inklim.

Hier is die meneertjie wat ons so die skrik op die lyf gejaag het - hy word genoem die Australian Huntsman (http://en.wikipedia.org/wiki/Huntsman_spider)



No comments:

Post a Comment