Life is either a daring adventure or nothing.

Tuesday, December 20, 2011

10/12...Taree

Etienne is die oggend in werk toe en toe hy terug kom het ons gou deur gery Taree toe - daar is een of twee motors waarna ons wou kyk - Taree is om en by so 30min se ry van Port Macquarie af.  Maar daar aangekom was die plek alreeds toe.

Padlangs terug huis toe, sien ons toe 'n bord raak..."Best Scones" met 'n helder geel teepot!  Net daar besluit ons, ons is nou so watertand lus vir 'n scone dat ons omdraai en na die helder geel teepot gaan soek!  Nou ja, eindelaas kry ons die plek met die heldergeel teepot.  Die plekkie was heerlik van die pad af en stil en rustig so tussen niks en nêrens.  Mudbrick Cottage is die plekkie se naam en die mense het self die plek gebou...van elke baksteen self maak tot waar die plekkie vandag 'n koffiewinkel en B&B is.


 











Na ons heerlik versadig geeët is aan scones met room en konfyt en 'n lekker koppie koffie daarby, het ons die pad terug geneem Port M toe.

No comments:

Post a Comment